#BlackLivesMatter-betogings: Standbeelde in Londen afgesper

Steierwerk opgerig rondom Winston Churchill se standbeeld in Londen (12 Junie 2020) (Foto: Kirsty O’Connor/PA via AP)

Sogenaamde #BlackLivesMatter-betogings duur wêreldwyd voort ná die afsterwe van George Floyd in Minneapolis in die VSA.

Sydney, Australië

Honderde polisiebeamptes het planne vir ʼn #BlackLivesMatter-betoging in Sydney ontwrig, maar organiseerders het onderneem dat nog optogte landswyd oor die naweek sal voortduur, ondanks waarskuwings oor die risiko vir verspreiding van Covid-19.

Die polisie het Vrydag die stadsaal in Sydney omring voor 3 000 persone na verwagting sou opdaag om ʼn betoging by te woon ná die afsterwe van George Floyd in Minneapolis in die VSA.

Polisievoertuie het in systrate parkeer gestaan in voorbereiding vir massa-inhegtenisnemings van persone wat die reël oortree dat meer as 10 persone nie aan ʼn openbare byeenkoms mag deelneem nie. Betogers het hulself gou uit die voete gemaak.

Londen, Engeland

Owerhede in Londen het ʼn oorlogsgedenksteen en ʼn standbeeld van Winston Churchill afgesper in reaksie op verwagte optogte deur antirassisme-betogers.

Monumente het ʼn groot fokus gewond in optogte wat aangevuur is deur die afsterwe van Floyd deur die polisie. ʼn Standbeeld van die slawehandelaar Edward Colston in Bristol is Sondag deur betogers omgestamp en in die hawe gegooi.

Verskeie ander standbeelde is landswyd geskend.

Nog betogings word oor die naweek verwag.

Berlyn, Duitsland

Die polisie in die ooste van Duitsland het twee beamptes geskors wat hulself verfilm het toe hulle ʼn hawelose man geteister het. Die 90 sekonde video van die voorval Sondag in Bad Belzig, suidwes van Berlyn, wys hoe een van die beamptes die besope man stamp en probeer om hom te skop.

Die polisie het Donderdag gesê die twee beamptes word deur ʼn strafregtelike ondersoek en dissiplinêre verhoof in die gesig gestaar en is reeds geskors.

New Jersey, VSA

ʼn Standbeeld van Christopher Columbus is, net soos talle ander landswyd, verwyder. Die stad Camden het in ʼn verklaring gesê die standbeeld is “ʼn omstrede simbool” wat “al lankal ʼn probleem is vir inwoners van die gemeenskap”.

Betogers voer aan die Italiaanse ontdekkingsreisiger is verantwoordelik vir die massaslagting en uitbuiting van inheemse mense in die Amerikas.

Standbeelde van Columbus is ook in Miami, Richmond, Virginia, St Paul, Minnesota en Boston omgestamp of gevandaliseer. In Boston is die standbeeld onthoof.

Louisville, Kentucky (VSA)

Die gebruik van die omstrede “geen klop nie”-lasbriewe is in Louisville verbied en nuwe wetgewing is ingestel ná Breonna Taylor doodgeskiet is toe polisiebeamptes by die gesin se huis ingebars het.

Die stad se metroraad het Donderdagaand eenparig ingestem om die omstrede lasbriewe te verbied ná dae lange betogings en versoeke vir hervorming.

Taylor was besig om verpleegkunde te studeer. Sy is agt keer geskiet toe polisiebeamptes ʼn narkotika-ondersoek op 13 Maart uitgevoer het. Geen dwelmmiddels is in die huis gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willem ·

Hierdie betogings raak nou een te veel. Hoogtyd dat iemand iets daaraan doen

pokkel ·

Miskien moet ons ophou om die geskiedenis volgens vandag se standaarde te oordeel

Magriet ·

Ag nee, ek het gedink Engeland en Amerika sou die betogers beter hanteer. Ek kan nie glo dat hulle so magteloos en hulpeloos is nie.

Pieter ·

Hierdie onrus oor die standbeelde skep ‘n ander dimensie aan die saak. Indien Columbus Amerika nie ontdek het nie, sal iemand anders dit later gedoen het. Gee Columbus die eer vir sy insig en moed. Die Indiane is die inheemse volk daar, maar hulle stem in hul reservate is stil. Die ander is ingebring en volgens ons plaaslike politiek kan hulle terug na Afrika gaan. In Nieu Seeland word James Hamilton se beeld vrywillig verwyder, omdat hy 100e Maouries uitgemoor het. Pleks dat die regering bedank en Maouries as hul leiers aanstel. Nou erken die Nieu Seelanders dat hulle moordenaars is en onregmatig daar die septer swaai. Moenie dat die beeldestorm ook jou kop gaan eis nie, maar dit gaan dikwels so. En terloops, meeste van ons is slawe van die bank agv skuld.

Oompievis ·

Ek buig my knie vir Dr Botha wat n vredeliewende, belastingbetalende, wetsgehoorsame landsburger was!!!!

Keelvol ·

George Floyd was nie n engeltjie nie. Hy was n misdadiger met n kriminele rekord. Hy wou nie met die polisie saam werk nie en het hom verset. Hy is dood as gevolg van sy late.

Pappa Beer ·

Plunder, verwoes en afbreek is mos baie lekkerder as opbou. Ek wil net graag weet by hierdie “beweging” se lede, die standbeeld is nou verwoes, is jou lewe nou enigsins verbeter daardeur? Gaan die geskiedenis nou veranderd wees? Word wakker man julle is niks anders as vandaliste en terroriste nie.

Andre ·

Vir jare het hulle aan Suid Afriks voorgeskryf. Nou pluk hulke self die vrugte.

Termiet ·

Die verwoes en skending van standbeelde en geskiedenis het ‘n direkte anc/eff verbintenis. Dit is nie toevallig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.