Blitsbokke veg verbete terug

Foto: (AP Photo/Ringo H.W. Chiu)

Die Blitsbokke is Maandagoggend (SA tyd) as die wenners van die Los Angeles-sewestoernooi aangewys.

Sakoyisa Makata het in ekstra speeltyd oor die doellyn geduik om Suid-Afrika met 29 – 24 oor Fidji te laat seëvier in die eindstryd.

Die Blitsbokke was vroeg in die wedstryd met 19 – 0 op die agtervoet en halfpad deur die tweede helfte was hulle steeds met 24 – 12 agter.

Met net ʼn paar sekondes in die wedstryd oor het Branco du Preez oor die doellyn geduik en sy eie drie verdoel om die telling 24 elk te maak. Ekstra speeltyd is toegelaat en dit is toe dat Makata oor die doellyn geduik het om die Blitsbokke glorie te laat proe.

Foto: (AP Photo/Ringo H.W. Chiu)

“Hulle het tot aan die einde aanhou glo,” het afrigter Neil Powell na die wedstryd gesê. “Dit was baie op en af. Hulle het egter weer begin fokus en ʼn mens kon dit sien in die tweede helfte.”

Die Blitsbokke het met 19 elk gelykop teen Ierland gespeel om steeds eerste in hul groep te eindig voor hulle teen Amerika te staan gekom het. Die Blitsbokke het die VSA met 12 – 10 gewen om hul plek in die halfeindstryd te verseker.

In die halfeindstryd het die Blitsbokke teen Nieu-Seeland te staan gekom en die Kiwi’s met 17 – 0 laat les opsê om hul plek in die eindstryd te verseker.

Die Blitsbokke het ook die sewestoernooi in Doebai gewen en was tweede in Kaapstad en Sydney.

Puntemakers:

Suid-Afrika 29 (7): Drieë: Stedman Gans, Selvyn Davids, Chris Dry, Branco du Preez, Sako Makata. Doelskoppe: Davids, Du Preez

Fidji 24 (19): Drieë: Vilmoni Botitu, Sevuloni Mocenacagi, Napoliono Bolaca, Jerry Tuwai. Doelskoppe: Bolaca (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Namib ·

Die blitse moet hul skopwerk opskerp. Dit het hulle al ‘n paar wedstryde gekos en baie amper hierdie een ook. Hule doelskoppe is baie swak en kort dringend aandag!!

Belinda ·

Soos met die 15 man wêreldbeker kyk hierdie manne nie na politiek en vestig hul hoop en stry op dit nie, hul vestig hul hoop en geloof in die Vader, julle is ‘n ware voorbeeld en daarom het julle sulke groot sukses. Soos een liedjie uit ons kinder dae, vestig jou geloof en hoop op Hom en hy sal jou paaie gelykmaak.

J ·

Wow ..! … pragtige vertoning! Baie geluk …. ons is trots op die Blitsbokke!!!

Al het dit by tye ‘broekskeur’ gegaan … was die geluk telkens aan die Blitse se kant!

Laat my dink aan die woorde van een van ons land se groot meesters: ‘The more you practice the luckier you get!” (Gary Player).

Gato ·

Uitstekend gedoen. Ons Blitsbokke is nie die grootste en sterkste ouens in die kompetisie nie maar hulle ingesteldheid is reg en hulle speel as ‘n span saam.
Neil Powell is seker een van die heel beste afrigters in 7’s rugby.
Julle verdien die wen en sommer ‘n Bell’s ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.