BLM-beweging vir Nobelprys benoem

Black Lives Matter (Foto: Facebook)

Die Black Lives Matter-beweging is benoem vir vanjaar se Nobelprys vir vrede.

Die beweging is reeds in 2013 in die VSA op die been gebring, maar het in Mei verlede jaar veral momentum gekry ná die dood van George Floyd in Minneapolis.

Talle betogers het ná Floyd se dood teen polisiebrutaliteit en rassisme in die VSA opgeruk waarna die  sogenaamde #BlackLivesMatter-betogings tot so ver as Engeland, Duitsland en Australië uitgekring het.

“Hierdie beweging het een van die sterkste bewegings wêreldwyd geword om rasse-onreg aan te spreek,” het die Noorweegse LP Petter Eide, wat die beweging vir die Nobelvredesprys benoem het, gesê.

Luidens mediaberigte word Eide intussen oorval met dreigemente en haatboodskappe oor dié benoeming. Hy is egter nie van plan om die benoeming terug te trek nie.

Die Black Lives Matter-beweging se benoeming vir die Nobelvredesprys volg kort nadat dit Vrydag die Sweedse Olof Palme-menseregteprys vir 2020 gewen het. Dié prys ter waarde van $100 000 word jaarliks toegeken deur die Olof Palme-gedenkfonds.

‘n Black Lives Matter-betoger met Paleis van Westminster in die agtergrond in Londen – 13 Junie 2020 (Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth)

Volgens die prysorganiseerders word die Black Lives Matter-beweging vereer vir sy werk om vreedsame burgerlike ongehoorsaamheid teen polisiewreedheid en rassegeweld reg oor die wêreld te bevorder.

Luidens ’n verklaring het die Black Lives Matter-beweging “op ’n unieke manier die ontbering en pyn van die Afro-Amerikaanse minderheid, weens hul ongelykheid aan mense van ’n ander kleur, blootgelê.”

Die prysorganiseerders het verder daarop gewys dat sowat 20 miljoen mense aan die Black Lives Matter-betogings in die VSA en miljoene ander reg oor die wêreld deelgeneem het. “Dit illustreer dat rassisme en rassistiese geweld nie net ’n probleem in die Amerikaanse samelewing is nie, maar ’n wêreldwye probleem.”

Nominasies vir Nobelvredesprys

Tienduisende mense, waaronder LP’s en ministers van alle lande, voormalige Nobelpryswenners en vooraanstaande akademici, kan kandidate vir die verskillende Nobelpryse benoem.

Black Lives Matter-betogers gedurende ‘n betoging in Portland, Oregon – Julie 2020 (Foto: Noah Berger/AP)

Die sperdatum vir benoemings eindig Sondag.

Die WikiLeaks-stigter Julian Assange, voormalige Amerikaanse president Donald Trump en ’n trio opposisieleiers van Belarus onder leiding van Svetlana Tikhanovskaya, is reeds benoem. Die DA het ook intussen aangedui dat hy Suid-Afrikaanse gesondheidswerkers vir die 2022-Nobel-vredesprys gaan benoem. “Suid-Afrikaanse gesondheidswerkers veg nou al amper ʼn jaar lank heldhaftig teen die pandemie, dít midde ʼn gebrekkige gesondheidstelsel,” lees ʼn verklaring Dinsdag deur die DA.

Die Nobelpryse word aan die begin van Oktober aangekondig. Verlede jaar se Nobelprys vir Vrede is aan die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WVP) toegeken “vir sy pogings om hongerte te bekamp, ​​vir sy bydrae tot die verbetering van die toestande vir vrede in konflikgeteisterde gebiede en as ’n dryfveer in pogings om die gebruik van hongerte as ’n wapen van oorlog en konflik te voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

PATRICIA ·

Hoe is dit moonltlik? Hul vandaliseer en verwoes alles. VREDE? bid jou aan.

Ou bees ·

Wow maar ons het nou al baie April fools dae gehad die jaar net een verskil hier dis waar en mal verby

Anoniem ·

Teken van eindtye… dinge wat verkeerd is word reg geag en dinge wat reg is word verkeerd geag. Die wereld is mal.

Dries ·

Solidariteit helpende hand, Afriforum is die werklike kandidate vir daai prys maar ek glo nie hulle wil eers daai prys hê nie

Deon ·

En wat presies het hulle dan nou gedoen om vrede te verseker of te bewerstellig of voort te bring?
Ek begin glo dis reg as FW syne terug gee

sopbeen ·

|Tog wonder ek hoe die BLM beweging dit sal hanteer sou hul nie die Nobelprys wen nie. Vreedsaam????

Wakkerslaper ·

Dankie Deon, presies wat ek ook gedink het. As terroris mandela die Nobelprys vir vrede kon kry, kan die blm en antifa en ander terreur groepe ook seker maar een kry. Wat van isis of al qeada?

Die wêreld is besig om totaal absurd te word!

Pappa Beer ·

Ek eens ek kan se wat ek wil. ????????????????????????????????????

Hoekom ·

Oh so om benoem te word vir die Nobel peace price, hoef ek net af te brand, te plunder en mense in die straat aan te val wat nie dieselfde vel kleur as ek het nie. Goed om te weet…

Dup ·

Ons Pres het ook gisteraand aangekondig dat die kabinet vir Kuba genomineer het vir die Vredesprys.Dit is ʼn kommunistiese land wie se inwoners werkloos is,lae salarisse kry,in armoede lewe en in hulle honderde na die VSA vlug…….BLM het al vele gewelddadige optogte gehou en is ook bekend vir hulle ekstreme uitsprake.Jy word aan jou vriende geken……

Johann ·

So beloon jy n anargis met wat hy soek…aandag en erkenning. Maak die hele beginsel van vrede n siek grap!

PH ·

Noem een geval waar hulle vrede teweeggebring of bevorder of ondersteun het.

Jakes ·

Die BLM beweging is die grootste rassistiese ideologie ooit. Dit is ook sekerlik die grootste klomp tjol wat in n sirkus ontaard het.

Blikkies ·

Watse Absolute Rubbish. Die integriteit van die Nobel Prys is ook nou in sy glory in….Hulle kan net sowel die duiwel ‘n Nobel prys gee. Skandelik.

Peetjie ·

Watter vrede het hulle gebring? Hulle het onmin gesaai, vernietig, afgebrand en verwoes. Die persoon/e wat hulle benoem het moet sy kop laat lees

Jacobus ·

A Biden saamstem en sy sosialistiese meelopers en poppemeesters stem saam – wie is ons om te verskil. Vir daai land gaan vier jaar nog lank word!!!

Yolandie ·

Wat ‘n klug!!!! Die Nobel Prys vir Vrede vlngs my het nou alle geloofwaardigheid verloor en het GEEN waarde meer nie!

Riette ·

Ek stel voor dat die Nobel prys vir “vrede” geskrap word op grond van die toelaat van belaglike en eintlik beledigende benoemings. Ek verwys die artikel in Maroela media vandag oor die gevolge van die eens pragtige stad Portland in Amerika na BLM betogings en verwoesting met geen ander doel as om polisie hulpbronne uit te put sodat hulle ongestoord kan plunder nie! Die wêreld het mynsinsien totaal mal geword!

Jackie ·

Die gouebeker vir kriminele van die dekade sal n beter prys wees.

Pieter J ·

As FW dit kan kry kan BLM seker ook maar dit kry. Vir my is daar geen verskil.

Talia ·

Kan nogals goed agterkom aan die artikel se komentaar oor hoe fals nuus versprei.

Daar was geweld met van die betoogings, maar min. Daar was iemand dood geskiet deur n wit man met n semi ottomatiese geweer en die polisie het hom nie dadelik aristreer nie maar eerder hom water aangebied om te drink. Ek dink daar is iets groots fout daarmee, die polisie se reaksies is nie dieselfde teenoor almal nie.

Gerrie ·

En ek sien nie grootskaalse BLM betogings oor al die grootskaalse moorde op Swart mense in Afrika nie. Dit lyk of “Black Lives Only Matter when white policemen are involved.” Hul benoeming vir die Nobelprys vir Vrede is is seker die flouste grap van die eeu.

AH ·

Wat ‘n klug! Dit maak ‘n grap van wat ‘VREDE’ beteken. Boonop gee dit die groen lig aan diegene wat dink dat net SWART lewens saak maak, in plaas van ALLE LEWENS!! Dit is genoeg om van naar te raak….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.