BLM: Koloniale standbeelde wêreldwyd geteiken

Betogers het verlede week Christopher Columbus se standbeeld in St. Paul in Minnesota laat val. (Foto: Evan Frost/Minnesota Public Radio via AP)

Ontstoke betogers oor die wêreld heen wil nou die koppe van koloniale standbeelde sien waai ná die dood van George Floyd in Minneapolis in die VSA.

Die standbeelde van slawehandelaars, imperialiste en ontdekkingsreisigers is die afgelope week gedurende die sogenaamde #BlackLivesMatter-betogings in verskeie lande geteiken in protes teen rasse-ongeregtighede deur die eeue heen. Dit sluit in standbeelde van Christopher Columbus, Cecil Rhodes en koning Leopold II van België.

Standbeelde in Engeland is noodgedwonge afgesper terwyl betogers in Frankryk in hulle spore gestuit is toe hulle ’n gedenkteken uit ’n Paryse museum wou verwyder.

België

Munisipale werkers was Donderdag verf af van die standbeeld van koning Leopold II van België in Brussel. (Foto: AP Photo/Francisco Seco) 

Inwoners van België was verlede week in oproer oor die standbeelde van koning Leopold II in Antwerpen en Brussel.

Verskeie standbeelde van dié koning is in Brussel beskadig toe betogers hulle woede uitgespreek het oor die wrede manier waarop hy destyds oor talle Afrikakolonies regeer het. Betogers het ook straatborde met die voormalige koning se naam daarop met verf besmeer.

Petisies word nou in België onderteken om die koloniale standbeelde in die land te verwyder.

‘n Munisipale werker was Vrydag verf van die standbeeld van Piet Hein af in Rotterdam in Nederland. (Foto: AP Photo/Peter Dejong)

“Standbeelde soos hierdie pleeg sielkundige geweld teen die Afro-Belgiese gemeenskap omdat dit die misdade wat voorheen gepleeg is, nietig maak,” het Esther Kouablan van mrax, ’n teenrassisme-organisasie, gesê.

Volgens Kouablan het België daarin misluk om die koloniale verlede aan te raak aangesien dit steeds nie in skoolhandboeke behandel word nie.

Belgiese wetgewers kritiseer egter die betogings. Volgens Georges-Louis Bouchez, die hoof van die regerende liberale party, kom dit neer op blote vandalisme en behoort opvoedkundige gidse naby die standbeelde geplaas te word.

Engeland

Die standbeeld van Edward Colston wat in Bristol deur betogers omgestamp en in die hawe gegooi is. (Foto: Bristol City Council via AP)

Die owerhede in Londen het verlede week ’n oorlogsgedenksteen en ’n standbeeld van Winston Churchill afgesper in reaksie op verwagte optogte deur teenrassisme-betogers.

Dít nadat ’n standbeeld van die slawehandelaar Edward Colston in Bristol deur betogers omgestamp en in die hawe gegooi is. Die standbeeld sal nou in ’n museum bewaar word, het die stad se owerhede gesê.

Betogers by die Universiteit van Oxford hou intussen vol dat ’n standbeeld van Rhodes verwyder moet word. “Ons moet ons verlede konfronteer,” het Louise Richardson, adjunkkanselier van Oxford, gesê.

Frankryk

#BlackLivesMatter-betogers Saterdag in Parys, Frankryk. (Foto: AP Photo/Thibault Camus)

Hoewel die Franse president Emmanuel Macron Sondag belowe het om standpunt in te neem teen rassime, het die president voet by stuk gehou dat Frankryk geen standbeelde van omstrede figure in die koloniale era sal verwyder nie.

Dít nadat betogers in dié land daarop aangedring het dat enige standbeelde wat verband hou met Frankryk se slawehandel of koloniale onreg verwyder moet word. Minstens 15 000 betogers het Sondag in Parys opgeruk.

Vier aktiviste het selfs Vrydag ’n 19de-eeuse Afrika-begrafnispaal uit sy staanplek by ’n Paryse museum verwyder om dit aan Afrika te gee in protes teen misbruik van die koloniale era.

Die vier betogers is egter voorgekeer voordat hulle die museum met die kunswerk kon verlaat.

VSA

Betogers vertrap verlede week Christopher Columbus se standbeeld in St. Paul in Minnesota. (Foto: Leila Navidi/Star Tribune via AP)

Standbeelde van die Italiaanse ontdekkingsreisiger Christopher Columbus loop veral deur gedurende die sogenaamde #BlackLivesMatter-betogings in die VSA. Volgens betogers was Columbus verantwoordelik vir die massaslagting en uitbuiting van inheemse mense in die Amerikas.

Standbeelde van Columbus is gevolglik in New Jersey, Miami, Richmond, Virginia, Saint Paul, Minnesota en Boston omgestamp of geskend. In Boston is ’n standbeeld van Columbus onthoof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

JohanR ·

Kaapstad Stasie is gebou deur koloniale. Moet hy nie afgebrand word en verwoes word nie? Maar wag…. waar gaan ons dan ‘n trein vang. Victoria Trein stasie in London is gebou deur koloniale….maar wag….waar gaan ons ‘n trein vang as ons hom afbrand en verwoes. Seker 60% van alles in die wereld is mooi en sterk deur koloniale gebou….kom ons verwoes die hele wereld dan ouens!

Rodger17 ·

Ek stel voor verwyder Alle beelde dan!Elke ras het sy eie helde,só ek stel voor verwyder mandela en Alle standbeelde van die people dan sal wittes ook nie aanstoot neem nie!Mandela must fall!

Anoniem ·

Ja veral Mandela se standbeeld want hy was n kommunis wat bomme geplant het

BoerSonderRoer ·

Wat sal met ‘n Boer gebeur wat Mandela daar in Pta plat trek met ‘n trekker?

Een wat se ouma dalk gesterf het in een van die bomme wat hy goedgekeur het?

Lorette ·

Ek stel voor dat elke liewe standbeeld verwyder word, dan het niemand iets oor om oor te kla nie. Ons paaie is in elk geval in hul kanon in, ons moet net almal nou met jeeps of iets ry, want hout vir ossewaens is daar ook nie meer nie! O ja, breek tog asb al die paleise van huise af sodat ons almal in dieselfde omstandighede bly ook. Dalk was die ontwerper van huise ook van die verkeerde kleur. Jammer vir my vent, maar genoeg is genoeg. Hoekom moet almal boet vir goed wat voor hul geboortes gebeur het! Het nog altyd probeer help waar ek kan, ken van sink buite toilet en dies meer. Ook arm groot geword.

Pieter ·

Ek skaam my vir die mense. Want alles wat deur meeste Koloniale gedoen was, het die toekoms geskep en kan baie voor dankie se. Maar die meerderheid ken niks meer nie. Net van hoor af want die nuwe genirasie is oningelig en dink hulle weet alles deur valse internet snert.

BFJ ·

My niggie wat in Nederland bly het in ‘n groep woedende betogers vas geloop. Sy was nogals ontsenu. Die betogers het dit baie duidelik gemaak dat hulle alle vorme van wit oorheersing, bevoorregting, kolonialisme en rassisme finaal wil vernietig. Volgens berigte is die weerstand teen wit oorheersing en rassisme in sommige plekke in Amerika baie intens en erg. Sy bly nou maar weg van optogte en groepe mense wat baie kwaai en nukkerig lyk.

Ons hoop maar dat daar vrede en nugterheid sal kom maar dis te betwyfel want mense baklei te veel met mekaar en die een wil altyd beter wees as die ander, dit was maar so deur die eeue heen. Selfs in families baklei en brom die familie onder mekaar en die een is altyd sogenaamd beter as die ander.

Kobus ·

Om te dink dat hierdie spul stemreg het gaan my verstand te bowe.

Pappa Beer ·

Snaaks hoe AL die gesogte en belangrike universiteite in die wereld in “kolonistiese” lande is, hoekom gaan gee al hierdie betogers nie hulle grade terug nie. Hoekom gaan swot jy dan nie by die universiteit van Congo of een of ander plek in donker afrika nie? Oh jaaa, daar is nie sulke plekke nie! Maar die “koloniste” se onderig en grade is DAN goed genoeg. Gou om te se “down with colonists” vinnig om te se ek het n doktors graad by Stellenbosch of by Oxford. Kom by man.

Jacobus ·

Elke land se geskiedenis vorm sy DNA – wat daardie land is en elke plek of standbeeld vorm deel van die mosaiek wat daardie land beskryf. Net soos DNA kan jy nie stukke uitsny wat jou nie pas nie. Dit sluit Suid Afrika in. Baie van my voorsate het, glo ek, nie aanklank vind met beelde van Victoria, Rhodes ens nie. Maar afbreek en verniel is nie in ons DNA nie.
Die wêreldwye fenomeen word versigtig georkestreer vir een of ander duistere ‘saak’. Die protestreerdes besit nie die breinkrag om die resultaat van hulle ‘opstand’ te besef nie – die aanstigters verstaan wel.

Janneman ·

Ek weet nie hoekom is al die standbeelde al afgehaal nie. Die woord van God waarsku dat ons nie afbeeldinge mag maak nie. Maar wat doen ons? Ons wil baklei daaroor.

Nell ·

Ai Janneman jy het die klok hoor lui maar weet duidelik nie waar die klepel/bel hang nie… Met gedenktekens/standbeelde word geskiedkundige gebeurtenisse en belangrike mense of helde onthou. Hulle word nie aanbid nie. Dis deel van ons kultuur erfenis. Die Bybel praat van iets heel anders gaan lees gerus Eksodus 20:4.

Nell ·

Janneman die Woord van God waarsku nie teen standbeelde per se nie. Lees gerus Esodus 20:4-5 dan sal jy verstaan wat ek se. Standbeelde is deel van ons kulturele erfenis en word nie aanbid nie. Dis daar om gebeurtenisse uit ons geskiedenis te herdenk of te vier.

BFJ ·

Ongelukkig is daar ‘n persepsie daarbuite dat alle witmense bevoorreg is deur die onderdrukking en mishandeling van swart mense en dat sommige wit mense steeds bevooreg word ten koste van swart mense. Dit gaan bitter moeilik wees om so ‘n persepsie te verander en boonop het die haat teenoor kolonialisme, rassisme en die sogenaamde wit oorheersing en wit bevoorregting nou in erge geweld en woede wêreldwyd ontaard. Kyk net hoe word die geskiedkundige beelde van wit mense verwoes, geskop en onthoof in Amerika.

Pieter ·

Van my familie was betrokke by sending in die destydse Kongo. Met onafhanklikheid is talle sendelinge en Belge koelbloedig en wreedaardig vermoor. Selfde (het) gebeur in Algerye, Kenia, Zimbabwe se plaasbesettings en Suid Afrika se plaas -en ander moorde.

Slawehandel is deur Afrikane self aangehelp. Een stam oorval ‘n ander stam om dié as slawe weg te voer na die hawe toe.

Hierdie werklikhede word nie aangespreek nie. Hierdie optogte is afbrekend. Afrika het geen geskiedkundige besienswaardighede nie, alles word altyd afgebreek en die geskiedenis voortdurend aangepas soos dit hulle pas.

marius ·

Brand ook alle voertuie , spring op selfone en rekenaars , ruk dakke af , brand beddens en matrasse , gooi yskaste in die straat , gaan dadelik oor na ruilhandel , trek alle rassistiese klere uit , vernietig die alfabet , gooi alle medisyne weg , breek koppies borde en pierings , gooi seep weg , hou op brood , pap en winkel kos eet . Dis alles rassistiese gemors en dit moet binne ‘n dag weg ……alles .

Isabella ·

Dt gan nou oral gebeur ….hul wag nt vr n geleentheid om hul doelwitte te bereik…

daniel ·

Wìl die betogers nogal vir Europese lande voorskryf wie se standbeelde hulle mag he en wie nie?. Dit is verregaande. Hulle oorskat hulle waarde en mag baie ver. En dan is daar ook die wit verraaiers wat meedoen in hierdie belaglikheid.

Pieter ·

Kyk na die wit meisies wat op Columbus se beeld trap. Hulle beter uit Amerika pad gee en die Indiane in hul land en glorie herstel. Om so op die verlede te trap, vertrap jy jou eie bestaansreg.

Jaco ·

Het Rhodes hom ooit uitgespreek teen die haglike omstandighede waarin Boere vrouens en kinders in Britse konsentrasiekampe aangehou is?
Ek vra maar net…

Pieter ·

Rhodes is in 1902 oorlede. Sy imperialisme het natuurlik die konsentrasiekampe veroorsaak. Dit gaan oor goud en diamante en vandag die platinumgroep metale. Rhodes is opgevolg deur die Oppenheimers. Maar jy kan Rhodes nie uit Suid Afrika se geskiedenis wegvee nie, los hom daar. Rhodes is De Beers, De Beers is Kimberley. Rhodes het ook die treinbrug by die Victoria Falls gefinansier. Sy adjudant, Alfred Beit, het Beitbrug gefinansier.

Nie Verbaas ·

Dis skandelik dat wittes saam die beelde verwoes. Geen trots op hulle herkoms nie. Pateties.

david ·

Ek kry hierdie bende eintlik jammer—wat gister of verlede jaar of ‘n eeu gelede gebeur het..het gebeur.Niemand kan iets daaraan doen nie.
Hierdie mense moet net onthou hulle skryf nou hulle eie geskiedenis….en sal in die toekoms daaraan beoordeel word, veral aan hulle wangedrag en gebrek aan logika.
Logika gaan nooit vernietig word nie.
Daar is ‘n klassieke voorbeeld van die gebrek aan denke….
In 1918 was die stad St Petersburg op aandrang van die selfde soort massahisterie verander na Leningrad.. vernoem na een van die helde van die Marxistiese rewolusie in Rusland
In 1983 stort die Marxistiese stelsel in ineen-onvermydelik.
Die Stad Heet vandag weer St Petersburg…..
Hierdie Swart Bewussyn brigade kan net een ding onthou–as jy kan lees en skryf…bedank die koloniste…
En o ja…elke keer as jy in jou voertuig ry….onthou jou voorouers het nie eers geweet die wiel bestaan nie.!
Ek los maar al die ander voordele aan julle gewetes oor…..

Hekwag ·

En deur alles af te breek en te vernietig gaan mense se lewens verander…. HOE?

Keelvol ·

Nou wat het die standbeelde met George Floyd as dood te make? Of ja, hy was n krimineel gewees.

Stephan ·

Ek wag al n rukkie vir hierdie dag… Europa se ag fooitog, ag siestog, kom bly hier by ons, julle sal veilig hier wees, en julle kan maak nes julle wil hier in ons lande. Julle is welkom en niemand sal ooit weer met julle lelik wees. Ons grense is oop vir julle, kom in kom bly lekker hier.
Ondervind nou maar sommer eerstehands waarmee ons al dekades tedoen het… dit waaroor julle ons daar uit jul gemakstoele veroordeel het. Ek gaan nou in my gemakstoel sit en kyk hoe ontlont julle die spulletjie… en ek hoop nie julle oorweeg dit om geweld teen “our piepol” te gebruik. Kyk maar mooi na die arme benadeelde spannetjie daar by julle wat so groot skep uit die koloniale potte…maar as dit hulle pas rasisme skreeu en jou in die gat sal byt die oomblik as jy jou rug draai. Julle ken nie “our piepol”

TO ·

Ek hoop net die klomp vandaliste besef wie vir sommiges se universiteitsgelde betaal. Die oefening is mos nou al gedoen if hoe

'n Simpelman ·

BLM. We hate whites.
But whites part of protests.
How do these people think?

Hans ·

As daar nie kolonialisasie was nie sou 60% van die aarde nou nog onontwikkeld wees. Nou vind hierdie bewegings dit goed om selfs die eerste wereld se lande probeer afbrand

Sarel ·

Belaglik, ditvis al brwys dat 95% van mense watvaan diecgeweld derlneem nie weet wasroir dit gaan nie. Verder indien die man vircsy misdade gestraf was en in die gevangenis gebly het sou niemand van hom geweet het nie. Nou moet ‘n Polusieman boed en die vent word ‘n held.

PH ·

Mens wonder wat die “aktiviste” gaan doen oor die “koloniale”name wat meeste van hulle het, soos Cyril, Jacob, ens?

Nico ·

Apartheid het by die Britte begin, Rhodes het dan apatrheid toe gepas toe ‘n Kleurling gevra het om deel te wees van ‘n Blanke rugbyspan, die Britte het selfs swartes gebruik in die Anglo Boere oorlog omboer vrounes te verkrag en om die boer wonings te vernietig. Hoekom word die Boerevolk nou beskuldig van rassisme en apartheid, ken hulle ooit die geskiedenis, geskiedenis word verdraai om hulle te pas en leen hulle ore uit aan die Kommunis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.