Blockupy: Protes teen kapitalisme

Foto: @Blockupy/Twitter

Foto: @Blockupy/Twitter

In Griekeland moet gespaar word. Die werkloosheid in Spanje is buite beheer. Die gewone Duitse volk kla oor lae lone en lang werksure. Oral in Europa klink ongelukkige stemme op wat Woensdag duidelik gepráát het tydens die Blockupy-protesoptog in Frankfurt, Duitsland.

Die groot protes waardeur 17 000 protesgangers die groot feestelike opening van die nuwe hoofkwartier van die Europäische Zentralbank (EZB) wou onderbreek, het meer as net een rede.

Daar word teen die huidige Euro-politiek geprotesteer. Ongeveer 50 groepe het verenig en saamgespan om een groot beweging, die Blockupy-beweging, te vorm. Dit sluit verskeie linkse, sosialistiese en teenkapitalistiese groepe in.

Die groepe meen die Amerikaanse kapitalisme wat met die euro op mense afgedruk is, maak van Europese lande net knegte van groot bankiers wat die gewone volk se soewereiniteit steel. Brussel en Frankfurt word as die hoofstede van die onderdrukking uitgewys. Die euro kry tans pak slae vanuit die regse sowel as linkse partye. Die spanning in Europa loop hoog.

Die konflik met Rusland, die hope vlugtelinge en die skuldlas van Griekeland laat spore. Blockupy word as voorbode gesien vir wat nog vir Europa voorlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Etienne Malan ·

Mens weet nie mooi by wie jy jou moet skaar met díe onluste nie.
Die Europese Sentrale Bank is soos alle banke ń privaatinstansie. Parasieties, gevoelloos, onsimpatiek, skelm en maak geld deur mense se tyd en arbeid te misbruik en steel dmv buitensporige hoë rentekoerse, bankkostes ens.
Die betogers en hul hele aksie teen die ESB ad ander kant het onder hulle vele vlae en vaandels wat hul verteenwoordig of borg ook die Rooi vlag met geel hammer en sekel in. Verdeel en heers…?
Die hoofnuus daarna op “Tageshau” in Duitsland beskryf die petalje as ń slaagsraking met die polisie. Kommentaar is gelewer deur die hoof vd polisie en politisie v albei kante. Die uitgedaagde vet bankiers het gerieflikheidshalwe doodstil gebly. Is ook nie deur die “vreeslose onpartydige joernaliste” gekruisvra of die aantuigings teen hulle water dra of nie. M aak my agterdogtig.
Wens mens kon sonder banke voortbestaan maar wil ook nie saam met die kommuniste betoog nie !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.