Bloedbad by Duitse winkelsentrum

Polisie by die winkelsentrum. Foto: Via @gutjahr op Twitter

Polisie by die winkelsentrum. Foto: Via @gutjahr op Twitter

Volgens berigte is 15 mense dood en talle beseer in ʼn skietery Vrydag by ʼn winkelsentrum in München, Duitsland.

Plaaslike media berig die polisie is omstreeks 16:00 (GMT) van die skietery ingelig. Die voorval het by die Olympia-winkelsentrum plaasgevind waarna dit ontruim is.

ʼn Groot polisieteenwoordigheid is op die toneel. ʼn Volskaalse soektog na die skieter is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kobus

Dit raak rof in Europa, USA en seker plekke in Afrika. Al rowwer.

Ester

Wat het van rensburg gese oor duitsland?

Uiltjie

Ouma Angela sal maar moet pa staan! n Men’s moet maar mooi dink voor Jy jou ontferm oor immigrante.

Gideon

Ek het nou die dag gehoor dat Angela aan Oos kant van Duitsland groot geword het, en dit die rede vir haar oordrewe liefde vir immigrante, omrede sy weet hoe dit voel om so half agter die klip te bly!! Kan iemand dit bevestig of nie saamstem!

El

3 skieters nog gesoek, gelukkig net 6 dood tot op hede…