‘Bloeddorstige vampier’ vas vir kindermoorde

’n Man hou ’n plaaslike koerant in Kenia vas waarop die gesig van Masten Milimo Wanjala, die ‘bloeddorstige vampier’, verskyn het. (Foto: Simon Maina / AFP)

*Waarskuwing: Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

’n 20-jarige man van Nairobi in Kenia wat as ’n “bloeddorstige vampier” bestempel word, word van die grumoorde van minstens tien kinders beskuldig.

Masten Milimo Wanjala is Woensdag in verband met die verdwyning van twee kinders in hegtenis geneem, maar het kort daarna aan die polisie erken dat hy dié kinders en talle ander vermoor het.

“Die beskuldigde het polisiebeamptes na die toneel in ’n beboste gebied in dié hoofstad geneem waar hy die lyke gelos het.

“Hy het skuld beken op die koelbloedige moord van minstens tien jong tieners,” het Kenia-polisie gesê.

Dít word as ’n reusedeurbraak in die ondersoek na ’n reeks kommerwekkende kinderverdwynings oor die afgelope weke beskryf.

Volgens die polisie is daar tot twee kinderverdwynings op een dag aangemeld.

“Wanjala het sy slagoffers op die wreedaardigste maniere denkbaar vermoor. In sommige gevalle het hy die bloed uit hulle are gesuig voor hy hulle vermoor het,” het die land se direktoraat van misdaadondersoeke op Twitter gesê.

Die hof het Donderdag beveel dat hy vir 30 dae in aanhouding bly om die polisie meer tyd te gun om die saak te ondersoek.

Die moorde strek glo tot vyf jaar terug met 12- en 13-jarige kinders as die hoofteikens.

“Sy slagoffers is bedwelm en hulle bloed uitgesuig. Sommiges is verwurg.”

Volgens die polisie is ouers paniekbevange aangesien die ontvoering van skoolkinders, van wie sommige dood is, ’n algemene verskynsel geword het.

Wanjala se eerste slagoffer was glo ’n 12-jarige meisie wat hy vyf jaar gelede in Machakos oos van Nairobi ontvoer het.

Sy tweede slagoffer was ’n jong seun wie se moord tot betogings in dié stad gelei het.

Die beskuldigde het glo geld by die seun se ouers geëis voor hy hom vermoor het.

Foto’s van Wanjala in ’n bloedbevlekte sokkerbaadjie het glo Donderdag op die voorblaaie van plaaslike media in Kenia verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gerhard

julle het nie n grap gemaak met die waarskuwing nie…

Dis afgryslik. ‘n Tronk is te goed vir so iemand. Doodstraf en klaar.

Porseleintjie

Daagliks hoor en lees mens van gruweldade wereldwyd. Soveel so dat mens nie gedink het dat daar nog iets kan wees wat jou sal skok nie.
Hierdie is sieker as siek. Waglik en beslis een vd poorte na die hel.

Kerneels

Soveel boosheid in een mens… Kind van die duiwel.

Cherokee

besete.

isabelle

skokkend daai arme kindertjies kan nie hul vrees indink nie :(