“Blote geluk” dat geen stad nog deur asteroïde getref is nie

asteroïde rusland‘n Video volg onderaan die berig.

Nuwe inligting wat Dinsdag amptelik bekend gemaak word, dui daarop dat die aarde tussen drie en tien keer meer dikwels deur asteroïdes getref word as wat voorheen gereken is, en dat dit “blote geluk” is dat geen stad nog getref is nie.

Data wat deur die kernwapen-waarkuwingsgroep, die B6 12-stigting, bekend gemaak word, dui daarop dat die aarde sedert 2001 altesaam 26 keer geskud is deur ontploffings van etlike kiloton wat almal deur asteroïde veroorsaak is. Hulle het almal in afgeleë gebiede voorgekom, en nie een is vooraf deur asteroïd-soektogte waargeneem nie.

“Dit is blote toeval dat nie een nog ‘n stad getref het nie.”

Die Stigting probeer om asteroïdes ‘n paar dekades voor hulle die aarde sal tref, op te spoor.

Intussen word ‘n video ook versprei van ‘n meteoriet wat die naghemel verlig terwyl dit die atmosfeer bo die Russiese stad Murmansk binnedring. Dit is deur ‘n sogenaamde “dashcam” waargeneem.

Bron: Phys Org

http://youtu.be/s8BQPOzZJzo

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.