Blues-legende BB King sterf in Las Vegas

B.B. King (2009) deur Tom Beetz - http://www.flickr.com/photos/9967007@N07/6577873073 via Wikimedia Commons

B.B. King (2009) deur Tom Beetz – http://www.flickr.com/photos/9967007@N07/6577873073 via Wikimedia Commons

Die bekende Blues-musikant BB King het Donderdag in die ouderdom van 89 in Las Vegas, Amerika, gesterf.

Hy was die afgelope paar weke in die hospitaal en sukkel al jare lank met diabetes. Volgens sy Facebook-blad ontvang hy al sedert 2 Mei spesialissorg by sy huis met ʼn boodskap van dank aan al sy aanhangers vir hulle ondersteuning.

BB King sal onthou word vir sy kragtige stem en Blues-kitaarspel. Hy was een van die laaste oorblywende legendariese Blues-kunstenaars uit die Mississippi Delta en het teen die einde van die 1960’s ʼn hoogtepunt bereik met die lied, “The Thrill is Gone”.
Bron: LA Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elfie ·

Voorwaar ‘n legende, maar sy “legacy” sal bly voorleef!

Anneke ·

Hy was ‘n ongelooflike talentvolle musikant en gaan ‘n groot leemte in die musiekwêreld laat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.