Bob Geldof se dogter dood gevind

Peaches Geldof. Foto: Twitter

Peaches Geldof. Foto: Twitter

Die rockster-filantroop sir Bob Geldof se 25-jarige dogter is Maandag dood aangetref.

BBC berig dat Peaches Geldof se liggaam Maandagmiddag by ʼn huis in Wrotham, Kent in Engeland gevind is. Volgens die polisie word haar dood as “onverklaarbaar en skielik” beskryf. Geen verdere inligting is in die stadium bekend gemaak nie.

Peaches is die dogter van Bob Geldof en sy oorlede vrou Paula Yates. Peaches het haar ma op 11-jarige ouderdom verloor nadat sy weens ʼn dwelmoordosis dood is in September 2000.

Peaches het onder andere rubrieke vir verskeie tydskrifte geskryf en was ‘n deeltydse model. Sy was getroud met die musikant Thomas Cohen. Hulle het twee kinders. Peaches los ook haar drie susters agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.