Peaches se liggaam is Maandag in haar huis in Wrotham, Kent in Engeland gevind. Volgens die polisie word haar dood as “onverklaarbaar en skielik” beskryf. Geen verdere inligting is in die stadium bekend gemaak nie.
Bob het in reaksie op haar dood gesê. “Ons is verby pyn. Hoe is dit moontlik dat ons haar nie weer sal sien nie? Hoe is dit draaglik? Ons was lief vir haar en sal haar vir altyd koester.”
Tom Cohen, Peaches se man, het gesê: “My geliefde vrou Peaches was aanbid deur my en haar twee seuns Astala en Phaedra en ek sal hulle grootmaak met hulle ma in hulle harte elke dag. Ons sal haar vir altyd lief hê.”
Peaches het haar ma, Paula Yates, op 11-jarige ouderdom verloor nadat sy weens ʼn dwelmoordosis dood is in September 2000. Peaches het onder andere rubrieke vir verskeie tydskrifte geskryf en was ‘n deeltydse model. Peaches los ook haar drie susters agter.
Tragies inderdaad, maar die groot D probleem is gewoonlik die oorsaak van die onverklaarbare sterftes. Sterkte aan die familie.