Bobi verloor sy titel as oudste hond

Bobi (Foto: Guinness-wêreldrekords)

Bobi, wat voorheen as die wêreld se oudste hond gekroon is, het sy titel verloor weens onoortuigende bewyse van sy ouderdom, het Guinness World Records (GWR) aangekondig.

GWR het ná ʼn amptelike hersiening bevind daar is “nie meer die nodige bewyse om Bobi se aanspraak as die rekordhouer te ondersteun nie”.

Bobi is in Oktober dood en daar is toe gesê hy was 31 jaar en 165 dae oud. Hy is reeds in Februarie verlede jaar as die oudste lewende hond en die oudste hond van alle tye gekroon.

Maar nadat Bobi se buitengewone lang lewe verskeie vrae onder kenners laat ontstaan het, het Guinness die titel in Januarie opgeskort hangende ʼn hersiening.

Bobi se eienaar, Leonel Costa, het destyds gesê die vermoedens is “ongegrond”.

Guinness het staatgemaak op mikroskyfie-databronne van die Portugese regering se troeteldierdatabasis SIAC. Toe Bobi in 2002 ʼn mikroskyfie gekry het, het SIAC “nie bewys van ouderdom vereis vir honde wat voor 2008 gebore is nie”, het GWR gesê.

“Ons is nog nie in ʼn posisie om ʼn nuwe houer vir die rekord te bevestig nie.”

Bobi was ʼn opregte Rafeiro, ʼn Portugese honderas wie se lewensverwagting gewoonlik tussen 12 en 14 jaar is.

Die vorige rekordhouer was ʼn Australiese skaaphond genaamd Bluey, wat in 1939 in die ouderdom van 29 jaar en vyf maande heengegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karoo ·

Gelukig is Bobi die vernedering gespaar en dit sou hom seeker elkgeval nie geskeel het nie.

Danie ·

Verseker net die mense wat enigsins daaroor bekommerd is of tyd desperaat tyd daaraan spandeer. Bobi gee nie ‘n flenter om oor enige titel nie. Solank die hond goed versorg was, was die hond op sy gelukkigste.

Vonkprop ·

O my jinne, nou gaan die wêreldbank in duie stort, rentekoerse gaan hemelhoog gaan, petrol gaan duurder word en en en. Hoe durf hulle ‘n rekord net so terugtrek sonder om aan die gevolge te dink. WIE GEE OM!!! Die hond was gelukkig en was goed versorg. Dit is al wat saak maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.