Boeing begin met veiligheidstoetse op 737 Max 8-stralers

‘n 737 Max 8 by Boeing se monteeraanleg in Renton, Washington. Foto: (AP Photo/Ted S. Warren)

Die vliegtuigvervaardiger Boeing sal die komende week veiligheidstoetse op sy Boeing 737 Max 8-stralers uitvoer in ʼn poging om dié vliegtuie weer in die lug te kry.

ʼn Verbod is verlede jaar op alle 737 Max-vliegtuie geplaas ná twee van die vliegtuie binne net ʼn paar maande met passasiers neergestort het. Altesaam 346 mense het in dié vliegrampe omgekom.

Vlieëniers en tegniese kundiges van Boeing en die VSA se Federale Lugvaartadministrasie (FAA) sal na verwagting Maandag met veiligheidstoetse begin. Die toetse is vir drie dae geskeduleer in ʼn poging om die 737 Max-vliegtuie teen die einde van die jaar weer in gebruik te hê.

Selfs al sou die vliegtuie die veiligheidstoetse slaag, sal dit volgens kenners egter nog maande duur voordat ʼn 737 Max-straler met passasiers opstyg.

Maroela Media het vroeër berig 189 mense is in Oktober 2018 dood toe ʼn 737 Max-straler van Lion Air in Indonesië neergestort het. Altesaam 157 mense is daarna in Maart 2019 dood toe só ʼn vliegtuig van Ethiopian Airlines geval het kort nadat dit opgestyg het.

ʼn Sagteware-opgradering aan die Boeing 737 Max-vliegtuie is reeds in Mei verlede jaar afgehandel.

Bronne: BBC, The Wall Street Journal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pieterweskaap ·

Herpiet, dis onveilig om OP enige vliegtuig te klim.

Mens sit binne wanneer jy vlieg.

Johan ·

Daar was al hoevele rekenaar verwante ongelukke en insidente in die lugvaart bedryf. Iets waarvan mens nie eintlik in die 80’s en vroër van gehoor het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.