Boeing beloof miljoene dollar aan families ná vliegrampe

ʼn Naasbestaande strooi destyds blomme gedurende ʼn gebed vir die slagoffers van die Lion Air-vlug 610. (Foto: Tatan Syuflana, AP)

Die lugvaartreus Boeing het Woensdag aangekondig hy beplan om $100 miljoen (sowat R1,4 miljard) te bestee aan die behoeftes van families en gemeenskappe wat deur die Lion Air- en Ethiopië-vliegrampe geraak is.

Dié rampe het altesaam 346 lewens geëis en dié fondse sal aan gesinne wat geliefdes in die vliegongelukke verloor het, se onderwys- en lewenskoste gaan om hulle met die swaarkry by te staan, het Boeing in ’n verklaring gesê.

Luidens die verklaring sal Boeing ook gemeenskapsprogramme en ekonomiese ontwikkeling in betrokke gemeenskappe ondersteun deur ’n vennootskap aan te gaan met plaaslike regerings en nie-winsgewende organisasies om aandag te gee aan behoeftes wat ná die rampe opgeduik het.

Die beloftes sal egter oor ’n tydperk van jare nagekom word, het die lugvaartreus verduidelik wat tans deur verskeie dagvaardings in die gesig gestaar word.

Maroela Media het vroeër berig Boeing het dagvaardings ontvang in verband met sy Boeing 737 Max 8-stralers. Dié soort vliegtuig was in ’n kwessie van vyf maande in twee vliegtuigongelukke betrokke voordat lugvaartveiligheidsowerhede wêreldwyd, waaronder Amerika, besluit het om die model vir eers te hok.

Dennis Muilenburg, voorsitter en uitvoerende hoof van Boeing, het gesê die maatskappy is jammer vir die tragiese verlies van lewens en dat dié verlies vir jare nog swaar op die harte en gedagtes van die maatskappy se personeel sal rus.

“In ooreenstemming met Boeing se proses vir werknemer-liefdadigheidskenkings, sal werknemers van die maatskappy ook die geleentheid gebied word om donasies te maak ter ondersteuning van die gesinne en gemeenskappe wat deur die ongelukke geraak word.”

Boeing sal dieselfde bedrag geld wat sy werkers tot einde vanjaar skenk, ook skenk. “Die gesinne en geliefdes van diegene aan boord het ons innige simpatie en ons hoop dat hierdie uitreik sal help om vertroosting te bied,” het Muilenburg gesê.

“Ons weet dat elkeen wat aan boord van een van ons vliegtuie klim, hul vertroue in ons plaas. Ons is toegewyd om die vertroue van ons kliënte asook die vlieënde publiek in die komende maande te herwin,” het hy gesê.

Boeing het sedert die ongelukke nuwe stelsels bekend gemaak om die sagteware van die teenspoedige straler te verbeter. Dit sluit in die opgradering van sagteware, die herstel van kajuitwaarskuwings en bykomende opleiding vir vlieëniers.

Volgens Muilenberg sal die maatskappy bykomende inligting rakende die fondse in die nabye toekoms bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco ·

hulle sê R1.4 miljard so dis R1400miljoen. nêrens sê hul R140 miljoen nie

Nico ·

Veer, daar was ‘n tyd toe R0.75 een dollar kon koop. Toe kom Prof Horwood in 1970 as Min van Finansies en hy ondermyn die Rand. Daarna was dit afdraande tot waar ons nou is.

Blommie ·

Nogsteeds wonderlike goeie nuus vir die families.
Well Done Boeing dat julle intree en verantwoordelikheid aanvaar.

Boet ·

Hulle gee darem iets SAL kan niks gee behalwe skiers op trek

Anoniem ·

Wat het dan nou van hulle aanvanklike skuld ontkenning geword?

Leon ·

En nog steeds is die mense se familie dood. Die geld bring nie dooies terug nie. Hulle kan liewer $100 miljoen aan elke familie lid gee.

Barry ·

Honderd Miljoen Dollar is nie eers n miljoen Dollar elk
Dis n skande en ek hoop die families aanvaar dit nie.
Vir die armes is dit n fortuin elk maar ek voel daar moet deur Boeing n trustfonds vir elke familie gestig word beheer deur Boeing en onafhanklike trustees om n goeie lewe vir die mense te bewerkstellig
s Daar was n klomp amerikaners op die een vliegtuig en vir hulle is n miljoen Dollar niks
Het in 1967 in die VSA getoer en het toe vir elke Rand Een Dollar veeertig gekry
Eers in 1980 se kant het die Rand begin verswak en na 94 collapse toe die afrikane oorgeneem het
Hulle het die gawe om alles te vernietig

skurweberg ·

Ek wil nie ryk word uit die ‘n ramp wat my geliefdes tref nie. Dis ‘n vreemde konsep (kultuur)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.