Boeing gedagvaar oor MH370-ramp

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Saak is Vrydag teen die Amerikaanse vliegtuigvervaardiger Boeing aanhangig gemaak oor die MH370-ramp wat in 2014 afgespeel het.

Gregory Keith, ʼn verteenwoordiger vir 44 gesinne wat hulle geliefdes verloor het, het die saak verlede week teen die vervaardiger aanhangig gemaak.

Die vliegtuig het op 8 Maart 2014 verdwyn terwyl dit vanaf Kuala Lumpur op pad was na Beijing. Daar was 239 mense aan boord. Die vliegtuig is steeds nie opgespoor nie.

Op 17 Januarie vanjaar is ʼn drie jaar lange soektog na die wrakstukke gestaak.

In die saak word daar gewys op elektroniese foute in die spesifieke model, Boeing 777. Daar word ook geskryf die soektog wat beëindig is, het tot gevolg dat die gesinne nie tot rus kan kom nie. Die voorval het “ekonomiese en nie-ekonomiese verliese, emosionele en fisieke pyn, nood en lyding” tot gevolg gehad vir die mense wat aan boord was en hulle gesinne.

Tom Kim, die woordvoerder van Boeing, het in ʼn verklaring gesê die maatskappy se gedagtes is deurentyd by die mense wat hulle lewe verloor het, maar hy het egter nie kommentaar gelewer op die dagvaarding nie.

Verskeie van die families het Malaysia Airlines ook gedagvaar. In Februarie verlede jaar het ʼn vrou van Maleisië die lugredery vir $7,6 miljoen gedagvaar, ná die verlies van haar man in die vlug. In Maart 2016 het 12 gesinne vanuit China hulle gedagvaar. ʼn Maand later het nog vier families skadevergoeding van $200 000 geëis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jos ·

Weer ‘n prokureur wat sy emmers wil volmaak uit mense wat hoop om iets te kry sonder konkrete bewyse wat van vlug MH370 geword het. “In die saak word daar gewys op elektroniese foute in die spesifieke model, Boeing 777”. Dan sou daar al meer as een geval het. Net die “black box” kan wys wat het gebeur en is nog nie gevind nie.

Dis duidelik dat die saak nie water dra nie en dat die enigste een wat hier betaal gaan word die Gregory Keith is.

Nel ·

Dis nit te se nie. Jy het duidelik nog nie National Geographic se Air Crash Investigation op TV gekyk nie. Die speurspanne van die betrokke rederye se versekeringsmaatskappye is ‘damn’ skerp en bekwaam.

Berta ·

Ek stem nogal saam met jou , Jos. En ek kannie help om te sê dat dit vir my wil voorkom dat van hierdie families ook n geldmaak geleentheid sien/skep uit die verlies van n geliefde nie. Ek verstaan as die broodwinner gesterf het, dat gesinne finansieël swaar kan trek, maar party van die mense klink of hulle uit is om hulle lewensstandaard 2 x te verhoog

John ·

Het die vliegtuig self besluit om ‘n u-draai te maak weg van sy bestemming… ”n vreeslike depressiewe vliegtuig… Nou moet baie geld die depressiewe naasbestaandes beter laat voel.

SARIE VAN HEERDEN ·

Is Boeing gedagvaar vir nalatigheid dat hul vliegtuig kon/moes val? Of dagvaar die reisigersfamilie die onderskeie versekeringsmaatskappye vir die versekering wat deur individue uitgeneem is vir so ‘n geval? Indien lg kan daar net ‘n eis ingestel word en is ‘n hofsaak mos onnodig as jy dokumentasie het van die versekerde lewe wat nou dood is. Prokureurs kos geld en dis keer op keer bewys dat hulle dienste die meeste van die versekerde bedrag inslurp en hulle alleen die bevoorregtes is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.