Boeing met 239 passasiers vermis

Argieffoto

Argieffoto

‘n Boeing 777-200 van Malaysia Airlines met 239 mense aan boord het Saterdagoggend tussen Maleisië en Viëtnam vermis geraak.

Daar word gevrees dat die vliegtuig in die see naby Viëtnam neergestort het. Owerhede in Viëtnam het gesê die laaste sein wat hulle van die vliegtuig ontvang het, was twee ure nadat die vlug opgestyg het en dit was suidwes van die kus van die Suid-Chinese see.

Lai Xuan Thanh, ʼn direkteur van Viëtnam se lugvaartowerheid, het gesê die vliegtuig was oor die see en besig om die Viëtnamese lugruim binne te gaan toe kontak met die vliegtuig verloor is.

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur. – Sapa-AP

Die lys van lande van die  passasiers

Die lys van lande van die passasiers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.