Boek beweer Olof Palme is oor transaksie met SA vermoor  

Olof Palme. Foto: Wikipedia

’n Sweedse ondersoekende joernalis wat die argief van ’n bekende skrywer geraadpleeg het vir sy jongste boek oor die moord op die voormalige Sweedse premier Olof Palme, glo Palme se moordenaar sal binnekort aan die pen ry.

Palme is 32 jaar gelede, op 28 Februarie 1986, op straat in Stockholm doodgeskiet toe hy en sy vrou, Lisbet, die aand van ’n bioskoop op pad huis toe was. Lisbet is verlede maand in die ouderdom van 87 oorlede.

“Palme het gedreig om die besonderhede bekend te maak van ’n geheime wapentransaksie met Suid-Afrika, en daarom moes hy sterf,” volgens die joernalis Jan Stocklassa. Sy boek word nou deur die polisie gefynkam.

Inligting in die honderde boeke wat voorheen oor die moord geskryf is, kon nog nooit tot enige skuldigbevinding lei nie. ʼn Veroordeelde misdadiger en dwelmverslaafde Christer Pettersson is oorspronklik van die moord op Palme aangekla, maar is later ná ʼn appèl vrygespreek.

Stocklassa sê hy het te hore gekom van ’n argief wat deur die skrywer Stieg Larsson saamgestel is. Larsson, ook ʼn joernalis, is die skrywer van die hoogsaangeskrewe Millennium-trilogie, en is in November 2004 op 50-jarige leeftyd aan sy hart dood. Hy was ten tyde van sy dood besig met ’n ondersoek na Palme se dood.

Die argief bevat vermoedelik waardevolle inligting oor die moord en Stocklassa kon met vrug verdere ondersoek instel. Die persoon wat hy glo die moord gepleeg het, is ’n bekende regse en Palme-hater, Jakob Thedelin.

Daar is in die verlede verskeie kere bewerings gemaak dat Suid-Afrikaanse spioene glo betrokke was by die sluipmoord. Daar was in 2015 ook berigte dat Eugene de Kock in Swede was toe Palme vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

B ·

Ja, maar dis dalk in die kol. Swede was ‘n groot finansierder van die ANC. (Wonder of hulle weet wat het van al hulle geld geword ?)
MM, skakel gou CW vir sy opinie ?

Thinus ·

Olof Palme is deur die CIA, P-2, KGB en Sweedse Vakbond vermoor, nadat dit aan die lig gekom het Palme was nie lojaal teenoor die Geldmag en spesifiek die Roomskatolieke kerk nie. Nadat Olof Palme die Salem olietanker aan Suid-Afrika ‘verkoop ‘ het in ruil vir die Krupp-Bofors skandaal waarby Oliver North betrokke was, sodat die G5’s nie aan Indië verkoop moes word nie . Dit nadat Palme as bemiddelaar vir die Warschau pak se kern-, biologiese -,en chemiese fisici aanwal laat stap het in Walvisbaai op 19 Des 1981. En dan dieinligting van Roberto Calvi die lêers van Giordano Bruno uit die Roomskatolieke se argiewe aan Projek Jona oorhandig het. Gavin Relly en ander ontmoet in die Pamodsi Hotel in Lusaka na skakeling deur Prof. Harvey van der Merwe van die Universitet van Kaapstad se skakeling met die ANC . NAFCOC se president Dr. Sam Motsuenya besoek Swede om Oliver Tambo se toespraak aan die Sweedse Parlement by te woon. NAFCOC en ANC kom ooreen dat indien ANC aanbewind kom die Saab JAS 39 Gripen aangekoop sal word indien Palme uit die weg geruim word omdat hy verhoed dat Suid-Afrika ekonomies geknak word en die leier in die wapenbedryf (Kern) ingesluit word. Gorbachev en Nixon op 19 Jul 86 laat onderhandel! Die Dakar Konfensie deur IDASA gerëel tussen 9 en 12 Julie 1987 bevestig die aanslag moet verhoog en die Afrikaner moet verarm, Sosio -, Ekonomiese en Maatskaplik. Waarom die Gryphen,met lugrame van die Rooivalk en RSA 4 IKBM

B ·

Alles interessant, ook oor die Roomse ‘orde’ wat regerings beheer, maar jou laaste sin? Gripen, Jericho??

Thinus ·

B,, Jammer oor ‘Gryphen’ glips Saab JAS 39 Gripen, maar daar is altyd aanvaar die RSA reeks is was kopieë van die Israeliete se Jericho maar nadat ons die Warschau pak se kundigheid ge-erf het op 19 Des 81. Wat die AEK aan die Inspektours tydens vernietiging beweer het slegs VIER kundiges het op die program gewerk, terwyl in begin 1981 deur Palme versoek is vir 150 vlugtelinge, waarvan net 79 op 19 Des 81 in Walvisbaai aangekom het.

Daan ·

Tinus, dalk moet jy ‘g lang artikel skryf en dit vir Maroela gee. Ek kan sien jy wou meer skryf maar jou 230 woorde was klaar.

B ·

Dankie Thinus. My vraag is daar is nie ‘n verband tussen bv die SA (Israeliese) vervaardigde RSAx en Palme? Ek verstaan die Gripen transaksies (as terugbetaling), maar die Rooivalk ens was ontwikkel in ‘n ander milieu, met ander kollaborateurs.

Klink my jy het eerstehandse info, ek stem saam met Daan, deel bietjie meer asb! :)

Piet ·

Dis seker Magnus Malan wat hom vermoor het…… of Jan van R.

Johann M van Heerden ·

Ja en nou gaan die ‘boere’ weer die ‘skuld’ kry. Wanneer sal mense begryp ons was in ‘n burgeroorlog betrokke. Sulke oorloe is wreder en harder as ander oorloe. In gewone ‘konvensionele’ oorloe word mense in massas gebombardeer en ander maniere doodgemaak. As Palme ‘n bedreiging was moet hy uitgehaal word. Die Swede was en is steeds naief en was van ons grootste vyande. Nou word hulle oorspoel deur Arabiere en Afrikane. Dit is hul verdiende loon. As dit nie so tragies was nie, sou ek in my mou gelag het. Ons is so naief. Alles gaan oor mag en die beskerming van jou eie. Word wakker mense.

Sarel ·

Steeds word SA blameer vir alles wat verkeerd geloop het in die wereld. So maak mense geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.