Boek beweer Olof Palme is oor transaksie met SA vermoor  

Olof Palme. Foto: Wikipedia

’n Sweedse ondersoekende joernalis wat die argief van ’n bekende skrywer geraadpleeg het vir sy jongste boek oor die moord op die voormalige Sweedse premier Olof Palme, glo Palme se moordenaar sal binnekort aan die pen ry.

Palme is 32 jaar gelede, op 28 Februarie 1986, op straat in Stockholm doodgeskiet toe hy en sy vrou, Lisbet, die aand van ’n bioskoop op pad huis toe was. Lisbet is verlede maand in die ouderdom van 87 oorlede.

“Palme het gedreig om die besonderhede bekend te maak van ’n geheime wapentransaksie met Suid-Afrika, en daarom moes hy sterf,” volgens die joernalis Jan Stocklassa. Sy boek word nou deur die polisie gefynkam.

Inligting in die honderde boeke wat voorheen oor die moord geskryf is, kon nog nooit tot enige skuldigbevinding lei nie. ʼn Veroordeelde misdadiger en dwelmverslaafde Christer Pettersson is oorspronklik van die moord op Palme aangekla, maar is later ná ʼn appèl vrygespreek.

Stocklassa sê hy het te hore gekom van ’n argief wat deur die skrywer Stieg Larsson saamgestel is. Larsson, ook ʼn joernalis, is die skrywer van die hoogsaangeskrewe Millennium-trilogie, en is in November 2004 op 50-jarige leeftyd aan sy hart dood. Hy was ten tyde van sy dood besig met ’n ondersoek na Palme se dood.

Die argief bevat vermoedelik waardevolle inligting oor die moord en Stocklassa kon met vrug verdere ondersoek instel. Die persoon wat hy glo die moord gepleeg het, is ’n bekende regse en Palme-hater, Jakob Thedelin.

Daar is in die verlede verskeie kere bewerings gemaak dat Suid-Afrikaanse spioene glo betrokke was by die sluipmoord. Daar was in 2015 ook berigte dat Eugene de Kock in Swede was toe Palme vermoor is.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
ANDRES

EN EN EN ……………….

Andre C

Ek ruik n blameer Apartheid storie

Thinus

Olof Palme is deur die CIA, P-2, KGB en Sweedse Vakbond vermoor, nadat dit aan die lig gekom het Palme was nie lojaal teenoor die Geldmag en spesifiek die Roomskatolieke kerk nie. Nadat Olof Palme die Salem olietanker aan Suid-Afrika ‘verkoop ‘ het in ruil vir die Krupp-Bofors skandaal waarby Oliver North betrokke was, sodat die G5’s nie aan Indië verkoop moes word nie . Dit nadat Palme as bemiddelaar vir die Warschau pak se kern-, biologiese -,en chemiese fisici aanwal laat stap het in Walvisbaai op 19 Des 1981. En dan dieinligting van Roberto Calvi die lêers van Giordano… Lees meer »

Piet

Dis seker Magnus Malan wat hom vermoor het…… of Jan van R.

Johann M van Heerden

Ja en nou gaan die ‘boere’ weer die ‘skuld’ kry. Wanneer sal mense begryp ons was in ‘n burgeroorlog betrokke. Sulke oorloe is wreder en harder as ander oorloe. In gewone ‘konvensionele’ oorloe word mense in massas gebombardeer en ander maniere doodgemaak. As Palme ‘n bedreiging was moet hy uitgehaal word. Die Swede was en is steeds naief en was van ons grootste vyande. Nou word hulle oorspoel deur Arabiere en Afrikane. Dit is hul verdiende loon. As dit nie so tragies was nie, sou ek in my mou gelag het. Ons is so naief. Alles gaan oor mag en… Lees meer »