Boere betoog in Brussel

Betogers op hul trekkers tydens ʼn betoging in Brussel (3 Maart 2023) (Foto: Kenzo Tribouillard/AFP)

Konvooie van sowat 2 700 trekkers het Vrydag strate in Brussel, België versper toe boere van Vlaandere betoog het oor planne om stikstofuitlatings te besnoei.

Sentrale deurpaaie is gesluit terwyl die trekkers deur die hoofstad gery het. Bestuurders van die trekkers het plakkate rondgeswaai en op die toeters gedruk.

“Geen toekoms sonder boere nie,” lui een van die plakkate.

Vlaamse boere is woedend oor planne deur die regering van hul Nederlandssprekende streek wat ten doel het om stikstofuitlatings van kunsmis en vee te beperk.

Die vervaardiging en gebruik van stikstof-kunsmis en vee-afval genereer kweekhuisgasuitlatings wat klimaatsverandering kan bevorder.

Die landboubedryf hou vol dat dit te diep getref sal word deur die besluite en sommige plase, wat beskou word dat hulle te veel besoedeling veroorsaak, sal gesluit moet word.

Die debat het gedreig om ʼn skeiding te bring in die regerende koalisie in noordelike Vlaandere.

Die boere versoek ook dat die streeksregering subsidies van die Europese Unie vir hul bedryf sal ontsluit wat tot dusver nog nie vrygestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marina ·

… en soos julle kan sien is die mense wat NIE in trekkers is nie, NIE besig om alles te vernietig nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.