Boetie sterf, sussie by lyk ná ma hulle alleen los

Daniil en sy sussie, Anna (Foto: Daily Mail)

Daniil en sy sussie, Anna (Foto: Daily Mail)

ʼn 23 maande oue baba is dood en sy sussie, byna drie jaar oud, tans in die hospitaal nadat hulle ma albei kinders sonder kos vir nege dae alleen by die huis gelos het.

Die 20-jarige ma, Vladislava Podchapko van Kiev in die Oekraïne, is vandeesweek in hegtenis geneem nadat sy met haar terugkoms by die huis die ambulans ontbied het.

Podchapko was glo die eerste mens wat op die toneel afgekom het.

Volgens die polisie in die Oekraïne was daar geen kos in die huis nie.

Die 23 maande oue Daniil het ná ses dae aan honger gesterf, en sy sussie, Anna, moes twee dae by sy liggaam in die huis deurbring voor hulle ma teruggekeer het.

Die ma, Vladislava Podchapko (Foto: Daily Mail)

Die ma, Vladislava Podchapko (Foto: Daily Mail)

Die plaaslike hospitaal het aan Daily Mail gesê Anna was glo baie “swak en uitgeteer”, maar haar toestand is nou stabiel.

Die polisie het gesê die kinders het glo aan die hek van die woonstel geruk om te probeer ontsnap, maar kon nie daarin slaag nie.

Die bure in die kompleks het ook aan Daily Mail gesê hulle het die polisie ontbied nadat hulle die kinders soggens en saans hoor huil het, maar hulle het nooit opgedaag nie.

Podchapko het glo vroeër vanjaar ook haar kinders uit die kleuterskool gehaal.

Anna se toekoms is nou in die hande van maatskaplike werkers, terwyl Podchapko minstens ʼn dekade tronkstraf in die gesig staar.

Tydens haar polisieondervraging het sy aan die owerhede gesê sy “het nie geweet hulle sou sterf nie”.

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

dolphin ·

onvolwassene vrou wil kids gehad het moet in die tronk beland vir lewenslank.as dit kan nie moet haar ouers na die kids omsien.

Amanda Owen ·

Ek kan nie glo dat die bure nie self iets gedoen het om kindertjies te help as om net polisie te bel… My hart aan flarde!!!!

Marelize ·

En dan kry jy ouers wat hul kinders moes afstaan aan d dood weens kanker. Hoe smag ek as ouer om my kind by my te hê en jy kan haar nie sien groot word nie meer saam deel wees vd lewe nie. Hoe smag ek na dit om kersfees saam met jou te kan wees, die leë stoel sonder jou.

En dan hoe kan n ouer soo wreed wees om hul alleen te los. Wat het die vrou besiel? Wat in haar kop gegaan om hul net so te los. Terwyl hoe baie ouers smag na kinders wat nie meer daar is.

Louisa Franken ·

Wat die ma gedoen het, is verskriklik. Ek weet nie wat haar rede was waarom sy die kinders vir so lank alleen gelos het nie, maar ek het nie die reg om haar te oordeel nie. Sy moet n regverdige verhoor kry en dan haar straf uitdien. Mag die ma tog net tot besef kom wat sy gedoen het en dan ons Hemelse Vader om vergifnis vra. Ek hoop sy sal haarself eendag kan vergewe.

MOEG VIR MISDAAD ·

Ek kan nie meer hierdie siek werêld hanteer nie. Jesus asb gryp in. Kom vernietig hierdie siek werêld van ons asb!

mamma ·

Dis baie erg. My kinders altwee oorsee en ek smag elke dag na hulle, net om drukkie te kan gee. dis nie die wereld wat siek is nie, dis ons mensdom wat siek is, ons vernietig alles wat mooi en rein en edel is.

Chris ·

Ag nee man party van ons wil nog leef. Nou wil jy ons ook laat doodmaak. Sies vir jou!

Hettie ·

Arme kids wat amper week niks geeet het nie! So hul ma moet ook voel om sonder kos in week te he!!!

Cherokee ·

Terloops, nege dae sonder kos is nie so erg as dieselfde tyd sonder water! Die meisiekind het waarskynlik ‘n kraan oopgekry.

Regtig? ·

@ Cherokee

Net solank sy water gehad het?! Die boetie het heel duidelik nie van daardie water gekry nie! Of dit nou sonder water of kos is, is dit ewe erg..of dit 1 dag, n week of nee dae is…geen Normale mens sal so iets wetend doen nie..die kind is duidelik mee fout want sy was nooit die woord “ma” werd nie..#moeniesoalomwetendweesnie

snoefie ·

ekskuus? die bure het die kinders soggens en saans hoor huil, polisie geskakel en niks gedoen toe die polisie nie opdaag nie? magtig! hulle moet mense wees want diere doen nie sulke dinge nie.

Delene ·

Presies my gedagte, hoekom het die bure nie die kinders gehelp nie.

brenda ·

wat gaan aan met die lewe???? wat??? ek kan nie hierdie wreedheid hanteer nie! sluit haar toe gooi weg die sleutel; los haar sonder kos en water! Monster.

Doodstraf asb ·

Ag twak, die verskonings waarmee mense darem uitkom. Eet en drink is ‘n basiese behoefte en enigeen van ouer as 5 weet as jy nie iets eet en drink nie gaan jy uiteindelik doodgaan. Het sy gedink ‘n doek hou vir 9 dae? Of het sy gereken as die kind nie eet nie, gaan hy seker ook nie ‘n doek he nie? Dit is geen verskoning nie en die moontlike tronkstraf is belaglik. Sy was direk aandadig aan die dood van haar seun en growwe nalatigheid en kindermishandeling. Sy kort die doodstraf, ek hoop hulle sal dit weer heroorweeg. As jy ‘n kind doodmaak hoekom mag jy net ‘n paar jaar tronkstraf kry en dan weer vry rondloop en weer kinders maak? Steriliseer haar ook sommer dat sy nooit weer ‘n kind kan he om dood te maak nie. Dit is wreder as wreed om aan honger dood te gaan en nie vir jouself te kan sorg nie. Het sy al vir 9 dae sonder kos probeer bly? Sy is siek man.

Leo ·

Hoekom het die bure wat die kinders hoor huil nie gaan ondersoek instel toe hulle agterkom die polisie daag nie op nie!!!!!! Hulle is net so verantwoordelik. Hoe verskriklik moes dit nie vir daardie arme kinders gewees het nie. En dan lees ek op ‘n ander berig dat sy swanger is met haar 3de kind!!! Hoe in die lewe??

Skaam jou ·

Die polisie is ook aandadig hieraan, vervolg hulle ook asb, aangesien hulle nooit gereageer het op oproepe van die bure oor die kinders se gehuil en kerm nie. Ek kan nie glo dat daar geen justice vir kinders in enige land is nie. Mense kan maar moor en verkrag en doodslaan en net ‘n tikkie op die vingers kry. Sies man!

Quinton ·

Ag nee man… hoe siek kan jy kry!!! Sies vroumens. Ek sal berge versit vir my twee kids.

Irene ·

Hu kan jy twee kinders van daai ouderdom alleen los waar in die wereld Waar was die ma Regtig dis pateties verby man

Piet Pompies ·

Asof ons eie land nie genoeg negatiewe berigte het word internasionale slegte nuus na eie bodem gesleep vir sensasie.
Hierdie land was vir baie jare onder kommunisme en die land is arm, die mense het ‘n baie lae opvoedingsvlak. Drankmisbruik en verskeie anti sosiale gedrag is algemeen, kinders laat hulself seksueel misbruik vir inkomste.
Ons wil tog nie van sosiale probleme in ander lande hoor!

Danie ·

Waar ander nou besig is om uit die kommunisme se greep te kom is Suid-Afrika trots op pad soontoe. Die berig is opgesit om te wys wat gebeur as mense naïef bly glo kommunisme is hemel op aarde.

Mense en hul dinge ·

Piet Pompies, ek neem aan jy het nie self kinders nie… Hierdie berig breek enige (goeie) ouer se hart in duisend stukke. Jy dink dadelik aan jou eie klein kindjie en hoe jy elke sekonde van die dag daardie kind se welsyn voor jou eie sit en hoe jy jouself laf bekommer oor die skraapmerkie op hul knie. Outomaties gaan jou gedagtes verder en jy stel vir jouself die absolute vrees, trauma en uiterste marteling voor waardeur hierdie 2 engele moes gaan. Hierdie berig maak mens se oe oop vir wat regtig daar buite aan die gang is. Moet ons dan soos volstruise ons koppe in die grond druk en in absolute “ignorance” lewe vir die gruwelike dinge wat elders gebeur? Party mense is siek, geen verskoning kan daarvoor aangebied word nie.
Maroela, dankie vir die berig.

Cherokee ·

Piet Pompies, hoeveel mense sluit jy in by ‘ons’? Jy kan net namens jouself praat maar nie namens ‘ons’ wat somtyds oor die heining wil kyk of dit net so erg is in ander lande as lokaal.

Violet ·

Sies Piet Pompies, hier is n ma wat haar kinders gelos het, sonder kos, dis wreed en jy praat van kommuniste, seksueel en weet nie wat nog nie, ons as ouers en oumas se harte is gebreek, hoekom kinders aanval hul is weerloos en Jesus se kinders hoe slaap jy, ek is stukkend geruk

Maritza ·

Dit breek my hart so! Hoe kan mens so onmenslik wees! Ek kan nie dink wat daai 2 baba’s moes deur gaan nie, n kind verdien dit nie om so mishandle te word nie! Hulle het nie gevra om daar te wees nie! As jy nie n ma kan wees en die verantwoordelikheid aanvaar nie! Moet dan nie kinders maak nie!!! Jy verdien nie die woord ma nie! Dis n skande! Jy behoort jouself jammer te kry! Ek het geen tyd vir sulke hartelose mense nie! Mag jy vir ewig skuld op jou hart he!!!! As ek n dag sonder kos gaan voel ek nie lekker nie so om te dink hoe daai babas 9 dae sonder kossies moes gaan, die brand boudjies, ai shame, jys nie n mens werd jy nie!!!!

ladel ·

gee Anna vir my… daar is so baie wat enige iets sal gee om sulke prag kinders te versorg en lief te he

charmaine ·

Sal graag wil weet waar was sy vir 9 dae en of sy lekker geeet en geslaap het? En waar is die pa?
Hulle gaan haar seker eers stuur vir waarneming.

Lance ·

Mense soos die verdien nie om kinders te he nie …enige persoon wat n kind leed aandoen verdien nie daardie kind nie ….n kind is n geskenk wat aan jou toevertrou is ….maar nouja skryf meestal hier vir die verkeerde mense

hartseer ·

Wragtig. die pragtigste mensies watse wereld so verskriklik moes wees. SES DAE voor die kind dood is… kan net imagine waardeur hy is. Ek dink die bure moet ook aanspreeklik gehou word en nie net hul hande in onskuld vryf nie…. ai man as hul ingegryp het was daai seuna nog hier…

Ancara ·

Sy wil kinders he maar geen verantwoordelikheid nie.Sy het geen gewete nie en hulle maak onderskeid in die tronk hulle sal haar daarbinne vasvat.

Louise Phyffer ·

Dit is darem maar baie hartseer hoe meesste van vandag se vrouens dink of kom dat ek se hulle dink glad nie die Here LEEN haar 2 volmaakte kinders om na tekyk en teversorg en en in liefde groot temaak maar wat doen hulle hulle misbruik daai geleentheid so asof dit somer net allerdaagse ding is wat gebeur mamma daai kinders is deur Jesus in jou hande geplaas daar is soveel mammmas wat so graag so n kindjie wil he van haar eie maar die Here laat dit nie toe nie hoekom kan jy nie gedink het dat daai kind aan jou geleen is nie waar is hulle pappa maar Jesus het Sy Groote plan vir elkeen klaar vooruit beplan so as jy dink jy word deur mensdom bestraf en vernietig dan wil ek nie eens weet wat dink jy as God vir jou antwoorde moet vra ni.

Elizabeth ·

Ek wonder net, in al die tipe gevalle… WAAR IS DIE PA’S??? Sy het seker nie deur ‘n wonderwerk swanger geraak nie! Is pa’s deesdae slegs sperm skenkers?

Madelein ·

Hoe los mens in elkgeval kinders aleen van daai ouderdom hulle is nog nie verstandig om na hulle self om te sien nie . Ai dit maak mens hartseer om te weet daar is so baie kindertjies wat mishandel word . Hulle het nie gevra om hier te wees dus is dit jou verantwoordlikheid om na hulle te kyk en te voorsien wat hulle nodig het . En om hulle lief te he n ma wat haar kinders lief het sal beslis nie daai kinders aleen los nie nie eers om oor die pad te gaan vir iets nie wat nog van nege dae .

Marisa ·

Die bure het die polisie ontbied, maar hulle het nooit opgedaag nie. … Nou gaan die ontspoorde ma tronk toe wat seker reg is, maar n kinderlewetjie kon gered gewees het het as die polisie hulle werk gedoen het.

Hartseer ·

Ag nee man…

ek het nie meer woorde nie, ek het my baba (19 maande) aan die dood afgestaan en sal my eie lewe gee om net nog een dag saam my kind te spandeer dan kry jy sulke mense wat nie weet wat hul werklik het nie…!!!!!!

my hart bloei vir die twee kiddies, hoe eina moes boetie nie gehad het voor hy dood is nie? n kind van daai ouderdom verstaan mos nie wat hongerpyne is nie????

ek kan eerlik waar se ek het al aande honger gaan slaap sodat my kind darm sy kos en melk en yogurt het..

Ek weet nie meer wat met hierdie siek wereld van ons aangaan nie, ek kan net BID vir die Monsters wat tussens ons rondloop…!!!!

RIP kleine Engel….

Nelia ·

Ek voel soos baie mense. Hartseer… Dat so belaglike ding wat n mens, vrou en Ma genoem word kinders kan kry. Ek mag nie oordeel nie. maar hoe verdien so mens plek op die kleine aarde? Ek stel voor Kinders kry moet soos Bestuurs lisensie hanteer word. Jy word op voorbehoed geplaas van sekere ouderdom en mits jy nie n sielkundige, Finansiele en Ma toets slaag nie word jy blood net weer gespuit dit moet teen wet wees mits jy gevoegdheid bewys.. Hoekom word dit met downsidroom en Autistiese “vroue” gedoen wat nie n se het nie, maar mense soos die kry stringe kinders.. ???

michelle ·

Dit is baie hartseer!! Ek het self klein kinders watter normale persoon het die hart om dit aan hulpelose kinders te doen. Dit maak my sommer siek! Hoekom het haar kerel nie navrae gedoen oor waar die kinders is nie? Daar is mense wat baie graag wil kinders he wat nie kan nie. Sy sal eendag moet antwoord vir haar dade!! God sien alles!!

Ella ·

Kon die bure wat hul hoor huil het ni iets doen ni. Lees ek reg dat kinders by tralies wou uit en niemand sien hul ni. Vra maar net…dis baie erg. Arme goedjies

Jakoba ·

Hoe de duiwel het sy nie geweet dat haar klein kindjie nie sou sterf van die honger en dors nie. Sy is ‘n leuneaar, sy het goed geweet dat hulle kon sterf. Nou is een onskuldige lewetjie beindig deur ‘n onosel ma. Hulle moet haar vir 9 dae sonder kos en water laat sodat sy hulle lyding kan voel. Ontstellend dat so ‘n mens kinders gekry het.

Ossie ·

Nee kyk, sluit die hele lot toe. Ma, bure, polisie…almal behalwe die sussie!!!

Carina ·

My hart gaan uit na daai arme popprag dogtertjie. Dink net waardeur sy moes gaan met n llein ou baba boetie wat huol van die honger. Sy moes so getramatiseer gewees het. Mag Liewe Jesus haar toevou in liefde. So so hartseer

karien ·

Ek sit met my 2 jarige langs my opi bank. Verstom, verslae…. Ek wil skree en vloek van kwaad en woede. Hoe kan enige mens dit doen!? Dis so verskriklik wreed… Dis walglik om te dink kinders wat skree van honger en dors, boetie se vuil brandboudjies… En dan is boetie stil…
Ek bid tot my Hemelse Vader om daardie arme dogtertjie n beter lewe te gee as dit! Sjoe my hart is seer.

Rbee ·

Ek neem die bure baie kwalik. Hoe kan jy kinders hoor huil, polisie ontbied , en as hul nie opdaag nie, neem jy nie aksie om die kinders deur die hek of venster te voer nie.

agatha ·

Mense dis regtig siek ek het n drie jaarige meisiekind sy eet en drink heeldag hoe moes daai arme kindertjies gevoel het…. dit maak my hart stukkend hoekom hoekom Ai maar hy is op n beter plek daai vrou kan nie n ma genoem word nie maak nie saak wat nie jy Los nie jou kinders nie…Dan Los jy hulle eerder by die buure of laai hulle by die polisie stasie af…Baie sterkte meisiekind hoop jy kry n Baie liefdevolle huis met n mamma en Pappa wat jou oneindig sal lief he…

Bianca ·

Ek is n Ma wat gesëend is met die pragtigste 4 meisies , 7jr, 4jr, 18 mnde en n 5 dae oue baba (5/12/2016) ek kan nie my lewe voorstel sonder hulle nie en wil ook nie. Dit breek my hart om die en sulke artikels te sien oral op die media , mens kan nie daardie n ma of ouer eers noem nie. Ek was 19 toe ek my oudste dogter gekry het en sy het maar net 1.6 kg met geboorte geweeg , so mens kan ook nie se ” maar kyk sy is net 20 jr oud wat weet sy?. Mens het n hart of net geensins n hart nie. God sal haar oordeel ek hoef nie. Ek wens ek kan die baba sussie aanneem en sal ook mits ek meer inligting kan kry. My hart bloei regtig vir die ene in die hosp. nie eers te praat van die oorledene nie.

Ansie Geldenhuys ·

Ek kan nie beskryf hoe hierdie wreedheid my be-invloed nie. Met diere wat mishandle word, die DBV vinnig in. In hierdie geval is daar vir die ma net een pad. Lyding ! Eensame opsluiting en haar kindjie NOOIT weer sien nie.

Lolla ·

Ag nee man.. hoe doen mens sulke dinge??? Ek sal die wereld nooit ooit kan verstaan nie… hoe kon sy nie geweet het haar kind sou nie sterf nie? Hoe kan jy kinders van daai ouderdom, hopeloos te klein om na hulself om te sien, aleen los vir 9 dae!!! Dis barbaar! En die bure, as jy mos hoor kinders skree en huil vir 9 dae, hoekom gaan kyk jy nie wat is aan die gang nie, as die bure ook maar net hulle alies gelig het, net om ondersoek in te stel, sou daai kindjie dalk nog gelewe het. My hart skeur, ek het ‘n 8 maande oue baba, en ek kan nie dink hoe iemand so iets kan doen aan so onskuldige kind nie, ek sterf eerder van hongerte voordat ek gaan toelaat dat my kind ‘n ete of maaltyd mis, of voor ek gaan toelaat dat my kind moet honger slaap.

phyllistea lategan ·

dis n geval waar ek nie weet hoe om emosies te wys nie is mens kwaad, hartseer, 9 dae waardeur moes daai kleine kinders gegaan het? so wreed, sy het geen verskoning vir haar dade nie sy kon kinders eerder iewers gaan los het of vir die bure die sleutel gegee het, ek hoop sy kry n swaar straf net so swaar soos daai baba kinders gekry het!!!

Chowkie ·

Die lewe is onregverdig. Ek het nie die voorreg om kinders te hê nie, maar ander mense wat wel daardie ongelooflike Goddelike voorreg het mishandel hul kinders en waardeer nie die gawe en geskenk van God nie.

Marie ·

My hart is so seer, ek kan nie my trane keer nie. Ek het nie woorde nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.