Boko Haram begin glo platval

Boko Haram (argieffoto) Foto: scgnews.com

Boko Haram (argieffoto) Foto: scgnews.com

Die weermag in Nigerië het ongeveer 700 vroue en kinders wat deur Boko Haram aangehou is uit die Sambisa-woud bevry.

Die bevryde vroue beweer dat Boko Haram veral sukkel met min brandstof en wapens. Dit bring spanning tussen die vegters en baie wil nie meer op bevele reageer nie. Blykbaar is verskeie voertuie stukkend of kan nie ry nie omdat daar te min brandstof is.

Die Boko Haram-vegtershet dit selfs een aand in April oorweeg om die vroue eenvoudig vry te laat nadat Boko Haram besef het daar is nie genoeg wapens beskikbaar om teen die regering se soldate te veg nie.

Die vroue en kinders wat hul vryheid teruggekry het, sluit nie die 200 skoolmeisies in wat meer as ʼn jaar gelede ontvoer is nie. Die Boko Haram-vegters het aan hierdie onlangs bevryde vroue vertel dat die meisies in gedwonge huwelike moes tree of as slawe verkoop is.

Boko Haram is al ses jaar lank besig met terreur en ontvoerings in Nigerië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.