Boko Haram-militante skiet 200 mense dood

Foto: presstv.ir

Foto: presstv.ir

Minstens 200 mense is in Nigerië dood nadat Boko Haram-militante, wat soos soldate aangetrek was, hulle aangeval het.

ʼn Gemeenskapsleier wat die moorde Maandag sien gebeur het, het gesê inwoners van Gwoza in Borno het by die weermag gepleit om soldate te stuur om hulle te beskerm. Die inwoners het glo gerugte gehoor dat die militante hulle gaan aanval, maar die weermag het nie reageer nie.

Die militante het glo in Toyota Hilux-bakkies opgedaag, wat gewoonlik deur die weermag gebruik word. Hulle het aan die inwoners gesê hulle is daar om hulle te beskerm, dieselfde taktiek wat die groep gebruik het toe meer as 300 skoolmeisies op 15 April ontvoer is.

ʼn Ooggetuie, wat anoniem wil bly uit vrees vir sy veiligheid het gesê nadat inwoners in die middel van die dorpie bymekaar gekom het, het die militante “Allahu Akbar, Allahu Akbar” begin skree en op die inwoners losgebrand tot almal wat daar vergader het, dood was.

Dit het dae lank geduur voordat oorlewendes die nuus van die slagting aan die provinsiale hoofstad kon oordra, aangesien dit baie gevaarlik is om op die paaie te ry en daar is bykans geen telefoonverbindings nie.

Mohammed Ali Ndume, ʼn senator in Borno, en ʼn top sekuriteitsbeampte wat anoniem wou bly, het die slagting bevestig.

Boko Haram, wat ʼn Islamitiese staat in Nigerië wil vestig, het reeds dorpies in die noordooste ingeneem en inwoners en politieke leiers word geteister en vermoor.

Duisende mense het al die afgelope vyf jaar in die gebied gesterf. Meer as 2 000 mense het reeds hierdie jaar gesterf en nagenoeg 750 000 Nigeriërs is uit hul huise gedwing.

ʼn Plaaslike joernalis wat deur 150 soldate vergesel word, het glo minstens 16 verlate dorpies aangemeld. –SAPA-AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rudi ·

Hoe ondenkbaar! Wat as iemand 200 mense in jou woongebied doodmaak? Siek Afrika, siek wereld.

VerVanRyn ·

vir die wat nog dink Islam is ‘n geloof van vrede en is nie daarop uit om die wêreld te onderdruk nie hierdie artikel is nog ‘n bewys dat jy verkeerd is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.