Boko Haram: Minstens 100 ontvoer; 35 dood

Boko Haram-militante Foto: bbc.com

Boko Haram-militante Foto: bbc.com

Minstens 100 vroue en kinders is glo ontvoer en 35 mense is dood toe Boko Haram-militante ʼn afgeleë dorpie in die noordooste van Nigerië ingeval het.

Oorlewendes het gesê swaar gewapende militante het by die dorpie Gumsuri ingery gekom, mans bymekaargemaak en hulle koelbloedig geskiet voor hulle die vroue en kinders agterop ʼn vragmotor gedwing het.

Daar is teenstrydige berigte oor wanneer die aanval plaasgevind het weens ʼn gebrek aan kommunikasiemiddele sedert ʼn vorige aanval. Volgens twee ooggetuies het dit Vrydag gebeur, maar volgens ander berigte het die aanval Sondag plaasgevind.

Gumsuri is ongeveer 50 km van Chibok waar 276 skoolmeisies in April ontvoer is. Ontvoerings en klopjagte duur sedertdien voort terwyl Boko Haram die omliggende dorpies teiken.

Bron: BBC, Reuters, The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.