Boko Haram ontvoer glo meer as 400 in Nigerië

Boko Haram (argieffoto) Foto: scgnews.com

Boko Haram (argieffoto) Foto: scgnews.com

Ooggetuies in Damasak, Nigerië, beweer die terreurgroep Boko Haram het tussen 400 en 500 vroue en kinders ontvoer.

Die ontvoerings volg kort nadat Goodluck Jonathan, Nigerië se president, aangekondig het die oorlog teen die radikale Moslem-militante begin vrugte afwerp. Damasak is juis een van die dorpe wat deur Nigeriese militêre ingryping van Boko Haram bevry is. Boko Haram skuil tans in hul hoofkwartier in die noorde van Nigerië.

In weermagverteenwoordiger noem dat verskeie inwoners vertel het hoe die vroue en kinders gevange geneem is in Damasak. Daarna het die terroriste ongeveer 50 van die ontvoerde mense doodgemaak en die res as gyselaars geneem. Of die mense nog lewe nadat hul uit Damasak weg geneem is, is nog onseker.

Sowat ’n jaar gelede is meer as 200 skoolmeisies in Nigerië ontvoer. Wêreldwyd is met die veldtog #bringbackourgirls begin om medelye aan die families te toon en hoop te verskaf dat die meisies weer teruggebring sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.