Bom op trein dood 10, beseer 50 in Rusland

Foto: AP Photo/DTP&ChP St. Peterburg via AP

ʼn Bomontploffing het Maandag tien mense se lewe geëis en 50 beseer in een van Rusland se moltreine in St. Petersburg.

Dié ontploffing het op dieselfde tyd as pres. Vladimir Putin se besoek aan sy tuisstad plaasgevind.

Ooggetuies het gesê die ontploffing het paniek onder die passasiers gesaai wat in aller yl na die stasie-uitgange gehardloop het.

Putin het by die Constantine-paleis in St. Petersburg gesê ondersoek sal ingestel word om vas te stel of die ontploffing ʼn terreuraanval was of aan ander redes toegeskryf kan word. Hy het sy meegevoel met die families van die oorledenes betuig.

Foto: AP Photo/www.vk.com/spb_today via AP

Geen groep of enkeling het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Rusland se nasionale teenterreur-komitee het gesê plaaslike owerhede het binne twee uur nog ʼn bom by ʼn ander besige stasie, Vosstaniya Square, opgespoor en gedeaktiveer.

Die ontploffing het omstreeks 14:20 plaasgevind.

Maria Smirnova, ʼn student op die trein, het gesê alles was toe onder rookwalms. “Brandbestryders het op ons geskree om na die uitgange te hardloop, almal was baie paniekerig.”

Die St. Petersburg-stasiepersoneel het onmiddellik alle treine gestop. Die nasionale teenterreur-liggaam het gesê dat veiligheidsmaatreëls by alle vervoergeriewe opgeskerp sal word.

Putin was Maandag in St. Petersburg vir samesprekings met Belarus se president, Alexander Lukashenko. “Owerhede en intelligensiedienste doen hul bes om vas te stel wat die oorsaak van die aanval was,” het Putin gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jean Pierre ·

My innige mee gevoel vir die mense van Rusland. Veral die beseerdes en familes van die wie geliefdes afgestaan het vandag.

Mag die magtige vuis van die Russiese sekuriteits dienste en weermag die skuldiges vergruis in die stof in. In Syria en waarookal lae lewe terrorisme sy kop mag uitsteek.

Staan sterk Rusland. Julle het my steun.

celia ·

Myne ook! Die enigste land met n ware Christen vir n president!

gatiep ·

Sterkte en al my meegevoel vir die Russe.
Cilia jy is reg ne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.