Boot en passasiers verdwyn tussen Bahamas en VSA

Amerikaanse Kuswag (Foto: US Coast Guard/Facebook)

ʼn Boot met 20 persone aan boord het tussen die Bahamas en Florida verdwyn, het die Amerikaanse Kuswag Saterdag gesê, ʼn dag ná ʼn onsuksesvolle drie dag lange soektog afgelas is.

Die boot, wat Maandag van Bimini-eiland vertrek het, was op pad na Lake Worth in Florida, sowat 130 km daarvandaan.

Die Kuswag is Dinsdag in kennis gestel dat die boot nooit opgedaag het nie, aldus ʼn verklaring.

Spanne van albei lande het die volgende drie dae lank ʼn gesamentlike lug- en maritieme soektog uitgevoer oor sowat 44 000 km², maar die soektog is Vrydag afgelas.

“Ons dink aan en bid vir die families van die persone wat verdwyn het,” het kapt. Stephen Burdian, gesê. Hy maan enigiemand met inligting oor die vermiste boot om die Kuswag te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.