Boot met 400 vlugtelinge slaan by Italië om

Vlugtelinge word uit die see gehaal.

Vlugtelinge word uit die see gehaal.

‘n Boot met 400 vlugtelinge wat Italië van Libië af probeer reik het, het Maandag naby Lampedusa omgeslaan.

Meer as 200 vlugtelinge is gered nadat skepe van die Italiaanse vloot en handelskepe die drenkelinge te hulp gesnel het. Enkele lyke is egter ook reeds gevind.

Die lot van vlugtelinge wat Europa via Libië en Italië probeer bereik, het onlangs weer in die kollig beland nadat minstens twee groepe vlugtelinge mensesmokkelaars betaal het om hulle veilig te begelei, maar in die Libiese Woestyn aan hul eie lot oorgelaat is. Verskeie het omgekom voor hulle deur reddingspanne gevind is.

Indien die vlugtelinge wel die see haal, word hulle dikwels op oorvol, onseewaardige bote gelaai. Heelwat hiervan het al in die omgewing van Lampedusa gesink of omgeslaan, of is weens ontbering op see dood na die enjins gaan staan het.

Bron: La Repubblica.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shannon ·

Die sleutel woorde hier is ” naby Lampedusa” as apposed to ‘naby Tripoli’. So, die operasie is `n reuse sukses. Die arme drenkelinge sal eersdaags gratis behuising, medies en befondsing ontvag kompliemente van die Italiaanse publiek. Dan, sodra die behuising afgebrand is en die geld op sigarette en nuwe tekkies geblaas is, sal hierdie mense met regte Europa binne stap en waarskynlik moet steel vir `n lewe … en so nou en dan ook verkrag. Dis nou tensy hulle deur `n moela gewerf word om soldate te word in die armie van die godsdiens van vrede … sodat hulle met nuwe toewyding kan bomme plant en aandring op Sharia Law – in Europa.

Wonder nou net hoekom die arme burgers van Libië met alle mag en krag wil Europa toe .. ? Daar was dan `n Araapse lente … en die gewaakte diktator Mwamwar Kedaff is dan nou kis en demokrasie heers oral , blykbaar ?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.