Bootramp: Dodetal klim dalk tot 300

lampedusa_italieDie dodetal in ‘n bootramp wat Donderdag aan die Italiaanse kus plaasgevind het, het na beraming tot 300 gestyg.

Maroela Media het Donderdagaand berig die bootramp, naby die eiland van Lampedusa, het minstens 94 lewens geëis terwyl talle vermis word, maar dat die dodetal na verwagting gaan styg.

Dit volg nadat ʼn boot met sowat 500 Afrika-immigrante aan die brand geslaan en gesink het. Die meeste van die immigrante kom van Eritrea en Somalië.

Die Italiaanse kuswag het Vrydag gesê meer as ‘n honderd lyke is gevind, maar sowat 200 mense word steeds vermis en dat duikers die wrak deursoek vir nog liggame. ‘n Totaal van 150 is reeds gered. Die 35-jarige Tunisiese kaptein van die boot is in hegtenis geneem.

Die Costa Concordia, ’n luukse passasierskip, het verlede jaar ook aan die Italiaanse kus gestrand en omgeslaan en is onlangs weer vlot gemaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Dis tog eienaardig dat meeste Afrika-regerings deurlopend op die Weste as die kolonialiseerders en stropers van Afrika bly skree maar hy kan sy eie mense nie van ‘n behoorlike lewe verseker nie – en dan nog meer eienaardig is die feit dat die Westerse lande die aanloklikste is vir ‘n heenkome vir die die meeste Afrikane.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.