Boris Becker in die sop oor versteekte trofeë

Boris Becker (2019) (Foto: Sven Mandel, eie werk via Wikimedia Commons)

Boris Becker het Maandag in ʼn hof in Londen verskyn op aanklag dat hy versuim het om onder andere die trofeë wat hy tydens sy roemryke tennisloopbaan verwerf het, te oorhandig om sy skuld te delg.

Die 54-jarige Duitse kommentator, wat in 2017 bankrot verklaar is, staan tereg op aanklag dat hy nie voldoen het aan die verpligting om inligting bekend te maak nie.

Becker, ses keer Grand Slam-kampioen, het na bewering versuim om onder andere verskeie trofeë te oorhandig, insluitend die 1985 Wimbledon-trofee waar hy as 17-jarige sterstatus behaal het, en sy twee Australiese Ope-trofeë.

Becker het in die Southwark Crown-hof verskyn. Hy word ook daarvan verdink dat hy groot bedrae kontant in ander rekeninge inbetaal het, insluitend sy voormalige vrou Barbara Becker en vervreemde vrou Sharlely “Lilly” Becker.

Becker, wat verlede jaar as kommentator vir BBC by Wimbledon opgetree het, staan tereg op meer as 20 aanklagte en die saak sal na verwagting drie weke lank duur. Hy word bygestaan deur ʼn Duitse tolk.

Becker het meer as $25 miljoen verdien tydens sy tennisloopbaan en het ʼn televisie-kommentator geword ná sy aftrede met ʼn hoëprofiel rol vir die BBC. Hy het in 2013 teruggekeer na die baan as ʼn afrigter vir Novak Djokovic en het die Serwiër gehelp om ses Grand Slam-trofeë in te palm voor hulle paaie in 2016 geskei het.

Becker is in 2002 in ʼn hof in München twee jaar opgeskorte tronkstraf opgelê met ʼn boete van €300 000 vir belastingontduiking van sowat €1,7 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Geld is n nare ding as dit jou baas word…tragies

Wielspore

Boris is besig om tennis te speel met die Duitse regstelsel, game set match!

Wat Wou

Eina, jammer Boris, jy was n grote. So kom alles eintlik maar tot niks.

Boon

Sportmanne is swak bloggers en sakemanne. Net so swak as hulle power kommunikasie vaardighede as sport- of enige kommentators