Boris Johnson bedank

Boris Johnson. Argieffoto: AP

Boris Johnson, die Britse minister van buitelandse sake, het te midde politieke twis oor die land se Brexit-strategie bedank.

BBC berig sy bedank volg nadat David Davis, die minister wat verantwoordelik was vir die Brexit-onderhandelinge, sy bedanking aangekondig het.

Johnson het glo in sy bedankingsbrief gesê Theresa May, die Britse eerste minister, “se droom is aan’t sterwe en versmoor deur onnodige selftwyfel”.

Johnson se bedanking is bevestig slegs ʼn paar minute voor May die parlement oor haar nuwe Brexit-strategie toegespreek het.

Johnson het nog nie amptelik die redes vir sy bedanking bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kosie Kramer ·

Dankie tog. Elke keer as hy sy mond oopmaak, is dit net om van voet te verander.

Theresa ·

Briljant gestel. Sal dit onthou wanneer ek hier ook nuus kyk.

So val die helde ·

Ek hoop MAY val hard . sy gee mos gehoor aan al wat ‘n vreemde ding en geloof is en het onlangs ‘n vet klomp geld vir Cyril Ramaphosa gegee .. so draai die wiel maar . ek kan nie wag om jou te sien val nie, julle dink julle is te magtig en untouchable .. TOE NOU NIE!!

John ·

… Brittanje, die groot prater en moeilikheidmaker wat hiet en gebied, op haar kniee? Ons sit vandag nog met die nadraai en skade… Die ou stukkende onderrok hang nou ver uit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.