Boris tydens intieme seremonie getroud

Die eerste foto van Britse premier, Boris Johnson, en sy bruid, Carrie Symonds. (Foto: Twitter)

Die Britse premier, Boris Johnson, en sy verloofde, Carrie Symonds, het die naweek tydens ’n “geheime seremonie” ewige trou aan mekaar beloof.

Die premier se kantoor het dié nuus Sondag bevestig. “Die premier en me. Symonds is gistermiddag tydens ’n intieme seremonie in die Westminster-katedraal getroud,” het ’n woordvoerder van Downing Street gesê.

“Die paartjie sal die geleentheid aanstaande somer weer saam met familie en vriende vier.”

Johnson is maar die tweede Britse premier ooit om tydens sy termyn te trou en die eerste in byna twee eeue. Die laaste was Robert Jenkinson in 1822.

Die paartjie se huweliksbevestiging is ’n verrassende wending ná berigte vroeër vandeesweek dat die paartjie ʼn uitnodiging aan gaste gestuur het om  30 Julie volgende jaar in hul dagboeke aan te teken.

Die premier en Symonds het in Desember 2019 verloof geraak en het ’n eenjarige seun, Wilfred. Johnson het ook vier kinders uit ’n vorige huwelik.

Hy was al twee keer vantevore getroud.

Ongeveer 30 gaste het Saterdag se seremonie bygewoon. Dit is die maksimum aantal gaste wat tans weens afsonderingsregulasies in Brittanje toegelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annelize ·

Ek hoop van harte een van die trougeskenke was ‘n Borsel en Kam stel vir Boris. Genade tog!

Marina ·

Baie geluk. Iemand moet hom tog net ‘n kam gee as geskenk hie hie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.