Borneo-aardbewing: Nog liggame gevind

Foto: Tentera Darat Malaysia/Facebook

Foto: Tentera Darat Malaysia/Facebook

Reddingswerkers het nog vyf liggame gevind op berg Kinabalu op die eiland Borneo na Vrydag se aardbewing.

Sover is 18 liggame gevind en slegs een persoon word nog vermis. Muhyiddin Yassin, adjunk-eerste minister, het gesê reddingswerkers hoop om binnekort die liggame van die berg af te bring.

Die aardbewing van 5,9 het vroeg Vrydag voorgekom. Farhan Lee Abdullah, die polisiehoof in Ranau, het gesê meeste van die mense het gesterf nadat daar groot rotse op hulle geval het tydens die aardbewing.

Kinabalu is Maleisië se hoogste piek en een van die land se gewildste bestemmings vir klimmers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.