Boston-bomplanter skuldig bevind

Dzhokhar Tsarnaev

Dzhokhar Tsarnaev

Dzhokhar Tsarnaev (21) is Woensdag skuldig bevind in verband met die Bostonse Marathon-bomontploffings en kan moontlik die doodstraf opgelê word.

Tsarnaev se skuldigbevinding kom nie as ʼn verrassing nie, aangesien sy regsverteenwoordiger van die begin af sy rol in die aanval erken het. Hy is op al 30 aanklagte teen hom skuldig bevind en op 17 van die aanklagte kan hy die doodstraf opgelê word.

Die bomontploffings op 15 April 2013 het drie lewens geëis en 264 mense is beseer. Dzokhar en sy broer, Tamerlan, het twee drukkokerbomme by die eindstreep van die marathon laat ontplof. Tamerlan is dae na die ontploffing dood toe hy deur die polisie geskiet en deur sy broer omgery is tydens ʼn chaotiese ontsnappingspoging. Dzokhar se regsverteenwoordiger het aangevoer dat hy onder sy broer se invloed was.

Tydens die volgende fase van die verhoor sal aanklaers verswarende omstandighede aan die hof voorlê ter ondersteuning van die doodstraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit laat mens wonder Theuns.
Met 911 het dit soos ‘n rolprent gelyk met al die (strategiese?) kameras.
Dalk (net dalk?) was dit permanente kameras gerig op die “twin towers”?
Kan iemand my asb. help hiermee?

jacques ·

Peet gaan kyk bietjie regtig wat nou aangaan in America en hulle regering is Kommunisties ja en so ook die EU en NATO jy sal skrik as jy sien waarmee hulle besig is,daar was Jode gewees wat geweet het 911 gaan gebeur hulle het met kamaras gesit en wag.Alles was n beplande storie gewees om Irak aan te val.Nato en America het al oor die duisend militere basise oor die wereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.