Boston-bomplanter vra vergifnis; kry doodstraf

Dzhokhar Tsarnaev

Dzhokhar Tsarnaev

Dzhokhar Tsarnaev (21), die bomplanter van die Boston-marathon, het Woensdag om gevra dat sy slagoffers en hul geliefdes hom vergewe, kort voor hy die doodstraf opgelê is.

“Ek is jammer vir die lewens wat ek geneem het, vir die lyding wat ek vir julle veroorsaak het, vir die skade wat ek aangerig het – onherstelbare skade,” het Tsarnaev gesê.

Hy is Woensdag skuldig bevind vir sy aandeel aan die Bostonse Marathon-bomontploffings en kan moontlik die doodstraf opgelê word. “Ek bid vir julle verligting, vir julle genesing.”

Regter George O’Toole jr. het kort hierna die doodstraf aan Tsarnaev opgelê. “Die mens se slegte dade oorleef nadat hulle sterf; die goeie eienskappe word gewoonlik saam met die lyk begrawe,” het O’Toole Shakespeare aangehaal.

“Wat onthou sal word, is dat jy onskuldige mense vermoor en vermink het en dat jy dit willens en wetens gedoen het. Jy het dit met opset gedoen,” het O’Toole gesê. “Ek vonnis jou tot die dood.”

Tsarnaev het afgekyk en sy hande gewring toe die regter sy lot aangekondig het. Hy sal na verwagting na die dodesel-eenheid in die deelstaat Indiana gestuur word. Dit kan egter jare of selfs dekades neem voordat sy vonnis voltrek word indien hy appèl aanteken.

Die bomontploffings op 15 April 2013 het drie lewens geëis en 264 mense is beseer. Dzokhar en sy broer, Tamerlan, het twee drukkokerbomme by die eindstreep van die marathon laat ontplof. Tamerlan is dae na die ontploffing dood toe hy deur die polisie geskiet en deur sy broer omgery is tydens ʼn chaotiese ontsnappingspoging. Dzokhar se regsverteenwoordiger het aangevoer dat hy onder sy broer se invloed was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

zahn ·

Wel, hy het darem een ding in sy guns, hy het sy broer omgery, toe kan die nie ontsnap nie. Tel dit geen punte nie? Hmm, nee wat. Jy bestuur net swak. Ai, ek wens ons kan die doodstraf terugkry in SA, soveel van ons probleme opgelos..

Peet Schabort ·

Zahn, die doodstraf gaan nie ras in ag neem en dis hier waar die probleem lê.
Die les is om eers te dink en dan te doen, andersom werk nie.
Spyt kom té laat.

Berhalet Beukes ·

Alles goed en wel, wanneer word VSA se regering verantwoordelik gehou vir CIA aangedrewe terreuraanvalle op eie grond om politieke agendas te manipuleer?

Winston ·

As hy werklik jammer is sal hy nie apel aanteken nie en sy straf vat soos n man. Berhalet gee nog n paar jaar dan kan ons alles uitvee en nuut begin na n derde wereld oorlog.

Theresa ·

Dis wat Suid-Afrika kort – die doodstraf. Dan sal jy darem die poppe sien dans.

Se Maar Net ·

Dit is al wat sal werk in die land, maar dit sal nooit gebeur nie.
Doodstraf word hier vermy soos die pes.

Ghost ·

As hy nou in SA was kon hy gekwalifiseer het vir President. O ja behalwe dat sy vel kleur verkeerd is.

Gert van der Merwe ·

Damn man dit was nou mooi en vinnig, hier by ons in SUID AFRIKA draai sake so lank dat die gevonnisde al siek en opsterwe is wanneer hy gevonnis word dan kry hy net mediese parool om golfte gaan speer. Wat n erenstige siekte?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.