Bostonse bomslagoffer sonder been weer ballerina

Adrianne Haslet-Davis

Adrianne Haslet-Davis

Met ‘n prostese wat spesiaal vervaardig is, het die professionele ballerina, Adrianne Haslet-Davis, weer die kollig betree. Adrinanne het haar been verloor tydens die Boston-marathon se bomaanslag.

‘n Jaar na die aanslag sê Adrianne (33) sy hoop haar optrede dien as inspirasie vir ander. “Ek is geen slagoffer nie, ek is ‘n oorlewende,” het sy na haar optrede gesê. Haar eerste vertoning was tydens ‘n kongres in Vancouver, maar sy sê sy werk aan ‘n ‘n paar afsprake om in ‘n vertoning van die ABC-netwerk te dans. Daardie program staan heel gepas bekend as “Dancing with Stars”.

Bronne: Trouw, NESN, The Boston Globe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.