Bostonse bomverdagte soek uitstel oor Parys-aanslae

Tamerlan Tsarnajev (links) en sy broer Dzjochar (regs). Foto: FBI

Tamerlan Tsarnajev (links) en sy broer Dzjochar (regs). Foto: FBI

Die regsverteenwoordiger van die oorlewende verdagte van die Bostonse Marathon-bomontploffings het versoek dat die saak uitgestel word weens die invloed wat die aanslae in Parys op die jurielede kan hê.

Dzjochar Tsarnajev (21) kan die doodstraf opgelê word vir sy beweerde aandeel in die ontploffings wat 15 April 2013 drie lewens geëis het en 264 mense beseer gelaat het.

Sy regspan voer aan dat die wêreldwye ontsteltenis oor die aanslae in Parys, waaronder die aanval op die satiriese koerant Charlie Hebdo, die jurielede onbehoorlik kan beïnvloed. Die proses om jurielede aan te wys het onlangs begin en kan nog weke duur.

Tsarnajev se regspan voer aan dat hul kliënt ʼn “eensame dader” was, los van enige bande van internasionale terreur. Hy was glo onder die invloed van sy ouer broer, Tamerlan, ʼn geharde jihadis, wat kort na die ontploffings in ʼn skietery met die veiligheidsmagte dood is. Dzjochar het ook in sy wegkompoging oor sy gewonde broer gery.

Die volledige berig in Trouw kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.