Botswana het glo derde grootste diamant gevind

Pres. Mokgweetsi Masisi met die diamant wat deur Debswana gevind is (Foto: TheParrotNewsO1/Twitter)

Debswana, ʼn diamantmaatskappy in Botswana, het Woensdag gesê hy het ʼn 1 098 karaat steen gevind wat as die derde grootste van sy soort in die wêreld beskryf word.

Die steen is op 1 Junie gevind en is Woensdag aan pres. Mokgweetsi Masisi in die hoofstad Gaborone gewys.

“Dit is vermoedelik die derde grootste edelgesteente-gehalte vonds in die wêreld,” het Lynette Armstron, besturende direkteur van Debswana, gesê. “Die seldsame en buitengewone steen … beteken so baie in die konteks van diamante en Botswana. Dit bring hoop vir ʼn land wat sukkel.”

Dit is ook die grootste steen van edelgesteente-gehalte wat in die geskiedenis van die maatskappy gevind is, ʼn gesamentlike vennootskap tussen die regering en die diamantreus De Beers.

Die grootste diamant nog ooit was die 3 106 karaat Cullinan, wat in 1905 in Suid-Afrika gevind is. Die tweede grootste was die 1 109 karaat Lesedi La Rona, ʼn diamant so groot soos ʼn tennisbal, wat in 2015 in Karowe in die noordooste van Botswana gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Keith ·

Can’t see how this benefits anyone except De Beers and their “partners”. Strange that in some western countries normal people are granted licences and concessions to mine gold and diamonds, but in south africa… no chance. Only the already rich conglomerates. Just saying.

Elizabeth ·

Versigtig! Kort voor lank is die hele KZN in Botswana. ????????

DIABLO ·

Lesly, lag darem nou te lekker vir jou kommentaar. Skerp man, SKERP.

Delene ·

Wens die Boere kan oom Nicklaas se skaapkop diamant ontdek……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.