ʼn Blou diamant van meer as 20 karaat is die grootste van sy soort wat nog in Botswana gevind is.
Die ovaalvormige diamant is deur die Okavango Diamond Company (ODC) bekend gestel.
Die diamant se kleur is deur die Gemological Institute of America gegradeer met ʼn helderheid van VVS2, een van die hoogste gepoleerde kleurklassifikasies wat vir enige blou diamant bereikbaar is.
Volgens die ODC is die diamant in die Orapa-myn gevind. Die unieke blou kleur word geskep deur die molekulêre insluiting van die skaars mineraal boron wat tussen 100 en 3 miljard jaar gelede teenwoordig was in die rotse van antieke oseane tydens gewelddadige diamantvormende vulkaniese aktiwiteit.
“Van die eerste oomblik dat ons die diamant gesien het, was dit duidelik ons het iets baie spesiaal gevind,” het Marcus ter Haar, besturende direkteur van ODC, gesê.
“Almal wat al na die diamant gekyk het, staan verwonderd oor sy unieke kleur, wat baie waarneem as in teenstelling met enige blou steen wat hulle al voorheen gesien het. Dit is ongelooflik ongewoon dat ʼn steen van hierdie kleur en aard uit Botswana kom. Dit is ʼn eenmalige ontdekking wat omtrent so skaars is soos ʼn ster in die Melkweg.”
Die diamant staan nou bekend as “The Okavango Blue” ter erkenning aan Botswana se Wêrelderfenisgebied, die Okavango-delta.
Die diamant sal na verwagting teen die einde van die jaar verkoop word nadat dit eers in die komende maande uitgestal word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Ek glo hy sal so 100 miljoen plus haal of hoe ?
Wat ‘n pragstuk!
Wow maar afrika se ancisters sorg vir die lande . Eers SA by Cullinan, toe Leshoto en nou Botswana. Almal obgeveer binne n maand. Al deie met kneuwels van die blink klippe
Pragtig. Gaan hy ook vir n ruimtetuig?
So skaars soos ‘n ster in die Melkweg??.!!