Botswana se nuwe president ingehuldig

Mokgweetsi Masisi. Foto: ANA.

Pres. Cyril Ramaphosa het vir Mokgweetsi Masisi, die nuutverkose president van Botswana, namens die mense van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse regering gelukgewens met sy inhuldiging.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Sondag gesê Ramaphosa het sy beste wense aan Masisi oorgedra ná hy Sondag ingesweer is.

Masisi het die leisels oorgeneem by Ian Khama wat uitgetree het na twee termyne. Ramaphosa het die mense van Botswana geloof vir die rustige oorgee van mag en omdat hulle daardeur weereens “ʼn goeie voorbeeld van demokrasie vir die kontinent gestel het”.

Ramaphosa het beaam dat Suid-Afrika sal voortgaan om saam met Botswana te werk aan ʼn hele reeks kwessies.

Hy het ook bygevoeg dat hy opgewonde is om Masisi later vandeesjaar te ontmoet by die vyfde sessie van die Suid-Afrika-Botswana Binasionale Kommissie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gerrit ·

Ek hoop hy leer ook by hulle ,Botswana se misdaad is baie laag , moord bestaan amper nie en die doodstraf word nog toegepas vir ernstige misdaad

Gert ·

Ek hoop nie die land verander sy regerings beleid nie Botswana is n skoon land met vriendelike mense en min misdaad. Ek praat onder koreksie maar net 5 moorde die laaste sewe jaar waarvan 4 suid afrikaners was en al 5 het doodstraf gekry.

Anneke ·

Ja, jy praat onder korreksie! In 2014 (en dis 4 jaar gelede!!) 18 moorde per 100 000 Batswana.

Anneke ·

Ja, jy praat onder korreksie! In 2014 (en dis 4 jaar gelede!) was die moordsyfer 18 per 100 000 Batswana.

Ek stem Gert ·

Gert ek stem 100% saam, ek dink Anneke is met SA statisieke besig of dalk is Batswana iets anders. Botswana is die veiligste land om in te reis. Hulle vat nie nonsens en voer die doodstraf uit, hulle het respek vir mekaar en mekaar se lewens. Hulle is in alle opsigte leiers in ware demokrasie, ek hoop die nuwe President is van dieselfde stofasie as die Khama leiers. CR kan maar gaan leer daar.

Petra ·

Kom ek leer julle iets oor my land…: Botswana is die land waar ek bly. BAtswana is die meervoud vir die mense wat in Botswana bly (soos Suid-Afrikaners), MOtswana is die enkelvoud vir ń persoon en Setswana is die taal wat die mense praat. Anneke is heeltemal reg – daar is heelwat moorde in Botswana, maar meeste daarvan is passie-gedrewe, maw verhoudings tussen mans en vroue wat skeefloop. As sy dus praat van BATSWANA , bedoel sy die nasie self. Botswana-regering plaas gereeld misdaadstatistieke op Twitter- kyk gerus.

Yvette ·

Jip, Petra! Ek is ń Motswana, en is ongelooflik trots op my kand, en Anneke – jy’s reg- moord-statistieke het in 2017 op 24 per 100 000 Batswana gestaan… en dit verhoog elke jaar…

Sarel swartbrand ·

Die stats sê 2 moorde elke uur in suid afrika, ek kon nie stats kry van Botswana nie net dat daar 1 teregstelling per jaar is ,kan iemand help ?

Absoluut ·

Sarel, jy het ‘n goeie punt beet, daar is nie stats oor Botswana, hul onderskei tussen kriminele & wetsgehoorsame burgers. Kriminele kom 2de in Botswana. Daardie 1 teregstelling is daardie 1 wat ‘n kans wou vat, hulle kan SA kom skoonmaak met hul leierskapstyl en dit die mees vredeliewende land maak, ook finansieel onafhanklik. Hulle onderhou hul sport sterre….. wow jahul hoef nie nog werke saam te juggle om iets te verdien nie.

As hy ·

As hy soos ‘n Khama is/dink, gaan daardie land net nog groter hoogtes bereik!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.