Brad en Angelina tref egskeidingsooreenkoms

Brad Pitt en Angelina Jolie (Foto: Billboard)

Brad Pitt en Angelina Jolie (Foto: Billboard)

Die Amerikaanse rolprentsterre Angelina Jolie en Brad Pitt het Maandag in ʼn verklaring gesê hul skeisaak sal voortaan privaat hanteer word en dat albei ouers sal saamwerk om hul gesin te herenig.

Jolie en Pitt het in dié verklaring, wat aan The Associated Press uitgereik is en die eerste gesamentlike kommentaar van die akteurs bevat sedert die aankondiging dat hulle gaan skei, gesê hulle sal die toekomstige besonderhede van die egskeiding privaat hou deur van ʼn private regter gebruik te maak.

Jolie het in September verlede jaar aansoek gedoen om van haar man te skei nadat hulle in 2014 getroud is.

Hoewel die media wyd bespiegel oor die rede vir dié verwikkeling by een van Hollywood se glansrykste paartjies, het beide partye tot dusver versuim om verdere detail bekend te maak.

ʼn Prokureur van die familie het egter kort na dié aankondiging gesê die petisie tot ʼn egskeiding is “vir die gesondheid van die gesin”.

“Beide partye het ʼn ooreenkoms geteken om die privaatheid van hul kinders en die gesin te beskerm deur alle hofstukke vertroulik te hou. Hulle is verbind daartoe om hereniging te bewerkstellig en hul kinders te beskerm,” het die verklaring gelui.

Die polisie het einde verlede jaar aantygings dat Pitt se gedrag teenoor sy kinders “aan mishandeling grens” ondersoek, maar die ondersoek is later afgelas nadat daar geen bewyse gevind is nie.

Hoewel Jolie vir alleen-ouerskap oor haar kinders gevra het, bevoordeel die Kalifornië-wet gesamentlike ouerskap.

Beide partye verskyn volgende week weer in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jan ·

Opskrif : partye tref ‘n reëling of sluit ‘n ooreenkoms. :-)

Landi Slatter ·

Dagsê Jan

Baie dankie vir jou terugvoer! Volgens die sesde weergawe van die HAT is aangaan/tref/sluit aanvaarbaar.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

MM ·

Ek kan nie verstaan nie, hulle het so lank saam gewoon en kinder by dosyne gemaak en aangeneem net om heel wat later te trou en 2 jaar getroud nou skei hulle. ai ai ai

Pop ·

Hulle het nie kinders by dosyne gemaak nie. Net 3. Ander is aangenee. Nie een van hulle is eintlik goeie ouers as ek die skinderstories so lees nie. Daai kinders is glo buite beheer stout en onregeerbaar

Danie ·

Soos ongelukkig die gemiddelde gesin se kinders in Suid-Afrika. As jy te besig is om jou eie kinders groot te maak maak hulle hulself groot. Hulle het ongelukkig geen idee hoe nie. En blykbaar ook nie die ouers nie.

anton ·

Amerikaanse kinders is oor die algemeen maar erg stout en het min dissipliene.
Daar is mos ook al lank wette in plek dat jy nie jou kinders mag n pak slae gee as hulle nie wil luister en handuitruk.
Hier in SA is dieselfde tendens sterk aan die toeneem juis a.g.v van die selfde wette. Ons na aap mos alles van Amerika net soos ons ook nou praat van ”Happy Holidays” i.p.v Merry Christmas!

Willemien ·

Wel al wat ek kan se is dat daar volgens die artikel ‘n nuwe sinoniem ontdek is – herenig en egskeiding ???????? n Egskeiding breek moe eintlik ‘n gesin op of hoe???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.