Brad Pitt en Angelina Jolie hak die knoop deur

Brad Pitt en Angelina Jolie Foto: NY Daily News LUKE MACGREGOR/REUTERS

Brad Pitt en Angelina Jolie Foto: NY Daily News LUKE MACGREGOR/REUTERS

Brad Pitt en Angelina Jolie is Saterdag in Frankryk getroud.

ʼn Woordvoerder vir die paartjie het gesê hulle het tydens ʼn privaatseremonie by Chateau Miraval trou aan mekaar beloof. Vriende en familie het die troue bygewoon.

Die paartjie se twee oudste seuns, Maddox en Pax het saam met hul ma in die paadjie afgestap. Zahara en Vivienne was die blommemeisies en Shiloh en Knox het die ringe aangegee, het die woordvoerder gesê.

Die egpaar het ses kinders insluitend drie wat hulle aangeneem het. Maddox (13) is in Kambodja gebore, Pax (10) in Vietnam en Zahara (9) is in Ethiopië gebore. Hulle drie biologiese kinders is Shiloh (8) en die sesjarige tweeling, Knox en Vivienne.

Dit is Pitt se tweede huwelik. Hy het in 2000 met Jennifer Aniston getrou en hulle is in 2005 geskei.

Jolie was in die laat 1990’s vir drie jaar lank met die akteur Jonny Lee Miller getroud en sy en Billy Bob Thornton het in 2003 geskei ná ʼn huwelik van drie jaar.

Bron: Huffington Post, NY Daily News, ABC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elfie ·

@Jasper: nee, ou- gaaaaaaaap! Die huwelik as instelling beteken niks in Hollywood. Vir wat sien ek my kommentaar word gemodereer Maroela – ek vloek nie sê nie sleg nie NIKS?????

Elfie ·

@Jasper ek stem toe saam ek het net die “gaap” heelwat meer ‘a’s gegee plus gesê die huwelik word nie in daai land gerespekteer toe word dit verwyder HOEKOM sou ek bitter graag wou weet MAROELA??? HMMMM? Gereeld word mense as barbare en weet nei wat nog beskryf en dis goed maar so kommentaar soos myne wat NIKS snaaks bevat is nou nie reg nie. Verduidelik tog asb wat het julle so onststel

Erich Goosen ·

6 Spruite by pa en ma se troue? Die jongste een was seker so mooi dat die Pittegpaar besluit het om dadelik die knoop deur te hak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.