Brand breek uit by Londense dieretuin

ZSL Londonse dieretuin

Meer as 70 brandbestryders is op die toneel waar ʼn brand Saterdag by die Londense dieretuin in Engeland uitgebreek het.

Die brand het omstreeks 08:00 by die dieretuin se kafee en winkel ontstaan, het die brandweer gesê.

Daar is nie enige berigte van diere wat deur die brand geraak is nie, alhoewel die brand naby ʼn gebied is waar besoekers die diere kan voer en hanteer.

“Byna driekwart van die kafee en winkel en helfte van die dak is in ligte laaie,” het die brandweer in ʼn verklaring gesê.

Tien brandweerwaens is na die dieretuin, geleë in Regent’s Park in sentraal Londen, gestuur. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.