ʼn Brand het Maandag uitgebreek by die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk.
Beeldmateriaal op plaaslike media wys hoe rookwolke uit die gebou borrel.
Die Franse polisie het persone versoek om die gebied te vermy om seker te maak noodvoertuie het toegang tot die toneel.
Die Notre Dame is in die 12de eeu gebou en is een van Parys se bekendste toeristeaantreklikhede. Miljoene persone besoek die gebou jaarliks. Dit is in die hartjie van Parys geleë.
Volgens die nuusagentskap AFP word die brand vermoedelik verbind met herstelwerk.
Feeling sad that this is happening to Notre Dame. I’m glad to have visited, but I’m afraid that I won’t be able to return… ?pic.twitter.com/3dYDDp8prK
— ⓐⓝⓓⓡⓔⓐⓢ #JFT96 (@L4_Anfield) April 15, 2019
Notre Dame Cathedral #NotreDame @cnn #fire pic.twitter.com/LqCFtj5vkG
— DeAndré Dukes-Landfair (@TheDeAndreDukes) April 15, 2019
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Tragies
Dit is absoluut hartverskeurend. Ek was bevoorreg om die fenomenale katedraal in 2006 te besoek. Soveel karakter en geskiedenis – Sadly it will never be the same again.
Ek wonder hoeveel Suid-Afrikaners weet dat daar ‘n Eerste Wêreldoorlog-gedenkplaat met die vorige Suid-Afrikaanse landswapen op in die Notre Dame katedraal is. Ek hoop werklik dié gedenkplaat word nie deur die brand beskadig nie.
Dis ondraaglik om aan te skou.
´n Maand terug het dit ook in die St. Sulpice Kerk in Parys gebrand.
Onwaarskynlik dat dit toevallig is. Dis die tweede historiese kerk in Frankryk waar ‘n brand is. Wat van al die kerke in SA wat toevallig begin brand ? Was daar in 2010 gewees