Brand by gimnasium eis 23

Brandbestryders veg teen ʼn brand by ʼn fiksheidsentrum in Jecheon, Suid-Korea (21 Desember 2017). Foto: Kim Hyung-woo/Yonhap via AP

Minstens 23 mense is dood nadat ʼn brand Donderdag by ʼn fiksheidsentrum in Jecheon in Suid-Korea ontstaan het.

Die brand het by ʼn motor begin wat op die eerste verdieping geparkeer was en het vinnig deur die agtverdiepinggebou versprei. Volgens ʼn beampte van die plaaslike brandweer is die meeste mense dood terwyl hulle in die sauna van die fiksheidsentrum was.

Die beamptes het in ʼn teksboodskap aan Reuters gesê 23 sterftes is reeds bevestig. Talle mense is ook beseer. “Die meeste van [die oorledenes] is op die tweede verdieping gevind waar die sauna geleë is,” het die brandweerbeampte gesê.

Daar is ook verskeie restaurante, ʼn swembad en binnenshuise golffasiliteite in die gebou.

The Mirror berig ongeveer 500 brandbestryders, 14 ambulanse en drie helikopters was by die reddingsoperasie betrokke. Brandbestryders het lere, hyskrane en ʼn helikopter gebruik om die vlamme onder bedwang te bring.

Jecheon is suidoos van die hoofstad Seoel en is ʼn gewilde stad vir besoekers wat die berge en mere in die gebied wil besoek.

Brandbestryders veg teen ʼn brand by ʼn fiksheidsentrum in Jecheon, Suid-Korea (21 Desember 2017). Foto: Kim Hyung-woo/Yonhap via AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Burger ·

Dis erg , maar ek het gewonder of daar Fords in Korea loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.