Brand by uraan-aanleg in Namibië

Die brand by die Rossing uraanmyn in Namibië Foto: Allgemeine Zeitung, Windhoek

Die brand by die Rossing uraanmyn in Namibië Foto: Allgemeine Zeitung, Windhoek

ʼn Brand het by ʼn aanleg van die Rio Tinto-bestuurde Rossing uraanmyn in Namibië uitgebreek.

Die oorsprong en oorsaak van die brand en moontlike skade aan toerusting of die gebou word tans ondersoek,” het die myn in ʼn verklaring op sy webwerf gesê.

Die myn is in die sentraal Namib-woestyn geleë, ongeveer 60 km oos van Swakopmund.

Die brand het Donderdag omstreeks 13:00 in die aanleg uitgebreek waar dromme vol geprosesseerde uraan, ook bekend as “geel koek”, staan.

Brandbestryders het die brand onder beheer gebring. “Die mynbedrywighede word nie deur die voorval geraak nie en het normaal voortgegaan,” het die myn gesê. “Geen beserings is aangemeld nie. Die betrokke personeel is ontruim en die brand is geblus.”

ʼn Plaaslike koerant het Vrydag berig dat werkers van die aanleg en brandbestryders van Swakopmund-brandweer getoets is vir moontlike radiasie.

Intussen het die Duitse koerant Allgemeine Zeitung berig dat lede van die brandweer ook hul beskermingsdrag aan mynbeamptes moes oorhandig nadat die brand onder beheer gebring is. Hulle het ook urientoetse ondergaan. “Die brand was baie warm, dit was baie erg,” het ʼn brandbestryder aan die koerant gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hannelie ·

Charl, sekerlik ‘n direkte vertaling van “radiation”! Ai!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.