Sowat 28 km² van Kilimandjaro is reeds verwoes in ʼn brand wat al vier dae lank woed.
Minstens 500 persone poog om die brand te blus, het beamptes by die nasionale parkowerheid in Tanzanië gesê. Allan Kijazi, uitvoerende hoof van die organisasie, het aan media gesê die brand is in sekere gebiede onder beheer gebring.
Hamisi Kigwangalla, die minister van toerisme, het Woensdag die perseel besoek en brandbestryders aangemoedig om te volhard in hul pogings.
Met sy hoogte van 5 895 meter is Kilimandjaro die hoogste berg in Afrika, asook die hoogste alleenstaande berg ter wêreld.
Dit is ʼn bekende toerismeaantreklikheid.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Dis so tragies, ek hoop regtig hulle kry die brand gou onder beheer. Dis so ‘n pragtige land en streek, was self daar in 2006. Wens ek kon teruggaan.
Dalk maar tyd gewees. Ek bedoel, dit IS deel van Afrika, nie waar?