Branderplankryer sterf in haai-aanval

Argieffoto

ʼn 31-jarige manlike branderplankryer van Kalifornië in Amerika is dood nadat hy Oukersaand deur ʼn haai aangeval is.

Die voorval het Vrydag omstreeks 10:50 (plaaslike tyd) by Morro-baai in Kalifornië plaasgevind. Morro-baai is tussen San Jose en Los Angeles geleë.

BBC berig ʼn vroulike branderplankryer wat in die omtrek was, het die man uit die water getrek.

Met die polisie se aankoms op die toneel, is die man op die strand aangetref, maar hy het geen teken van lewe getoon nie. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

ABC berig owerhede vermoed dat dit ʼn grootwithaai was.

Volgens CNN is strandgangers en branderplankryers aangesê om die volgende dag uit die see te bly.

Eric Endersby, die direkteur van die plaaslike hawepatrollie, het die voorval as ʼn “aaklige ongeluk” beskryf.

BBC berig haai-aanvalle word die afgelope paar jaar gereeld in die omgewing van Morro-baai aangemeld, maar hierdie is blykbaar die eerste noodlottige haai-aanval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.