Branderplankryer sterf ná haaiaanval

golwe-branderplankryer

Foto ter illustrasie. (Foto: Pixabay/Pexels.com)

Branderplankryers en omstanders by Emerald Beach in Australië het Sondag verbete probeer om ʼn man uit die kake van ʼn haai te red.

Nooddienste, waaronder ʼn noodhelikopter, is Sondag om 11:00 ontbied toe ʼn branderplankryer in sy 30’s deur ʼn haai aangeval is. “Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle gesien hoe uiters dapper bystanders en branderplankryers probeer om die man te red,” het Chris Wilson, ʼn ambulansinspekteur van Nieu-Suid-Wallis aan AFP gesê.

Hy sê die pasiënt het ʼn noodlottige wond aan sy arm opgedoen en ten spyte van paramedici en omstanders se beste pogings, kon die pasiënt nie weer bygebring word nie.

“Dit was hartverskeurend vir almal op die strand vanoggend.”

Emerald Beach, Shelly Beach and Serenity Bay was die res van die dag vir swemmers gesluit.

“Ons harte gaan uit na die familie en vriende van die oorledene,” het Coffs Harbour Lifeguards op hul Facebook-blad gesê.

Volgens Taronga Conservation Society Australia is dit die tweede haaiaanval in Australië vanjaar. In 2020 was daar 26 aanvalle, waarvan agt noodlottig was.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Zombie ·

Dis baie hartseer. Dis ń wrede manier om af te sterf. Miskien is die see eintlik maar vir die haaie en ander seelewe bedoel?

Cherokee ·

Jy mag reg wees, Zombie. Die duimaffers besit nie oor die woordeskat om jou teë te praat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.