Branson verwesenlik Sondag ruimtedroom

Richard Branson vaar Sondag die ruimte in in ‘n Virgin Galactic-ruimtetuig. (Foto Johannes Eisele/ AFP)

Die miljardêr Richard Branson het nog altyd daarvan gedroom om die ruimte in te vaar. Sondag sal dié skatryk sakeman en stigter van die Virgin-groep se droom eindelik waar word, wanneer hy in sy Virgin Galactic-tuig vanuit Nieu-Meksiko opstyg. Sy eindbestemming is die internasionale ruimtestasie.

Teen “net” R2,8 miljoen per kaartjie kan toeriste boonop binnekort óók in Branson se tuig die ruimte in vaar.

Branson sal die eerste man wees om die ruimte in te vaar met ʼn tuig wat deur sy eie maatskappy gebou is. Die lansering vind 15:00 Sondag Suid-Afrikaanse tyd plaas en kan regstreeks op Virgin Galactic se webwerf gekyk word.

“As kind wou ek nog altyd die ruimte in vaar,” het die 70-jarige Branson kort voor die lansering gesê. Hy sal nie self die tuig vlieg nie, maar saam met drie ander werknemers van Virgin Active in die kajuit wees

Spaceport America, waarvanaf Virgin Galactic se ruimtetuig Sondag lanseer word. (Foto: David Lienemann/Getty Images/AFP)

Virgin Galactic beplan om teen volgende jaar reeds kommersiële “vlugte” na die ruimte te onderneem, met die doelwit om tot 400 keer per jaar na die ruimtestasie te vlieg.

Ongeveer 600 kaartjies is reeds verkoop aan mense van 60 verskillende lande, onder wie Hollywood-bekendes. Pryse vir dié kaartjies wissel tussen $200 000 en $250 000 (tussen R2,8 miljoen en R3,5 miljoen).

Virgin Galactic se tuig word Sondag vanaf Spaceport America gelanseer, ʼn massiewe basis in die Jornada del Muerto-woestyn. Die basis sluit ʼn aanloopbaan van 3,2 km en ʼn ontvangsgebied vir toekomstige kliënte in. Ná Sondag se vlug wil die maatskappy graag nog twee vlugte binne die volgende jaar onderneem.

“Wanneer ons terugkom, sal ek ʼn opwindende aankondiging maak wat dit vir meer mense moontlik sal maak om ruimtevaarders te word,” het Branson beloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

pokkel ·

toevallig nou die dag baie akurate toneel in Family Guy gesien met Branson (S13E03) :D

Niklaas ·

Sy lewe is gewis die ene opwinding en hy bereik baie van sy doelwitte. Merkwaardige mens

Jack ·

Verbeel my n toetsvlug het n tyd terug neergestort. Kan ook n fliek wees wat ek gekyk het. Wonder wat sou n ou nou daar wil gaan soek terwyl hy alles op aarde het.

Belinda ·

Terwyl mense besig is om dood te gaan, is daar mense wat nog wil af”show”… plaas hy eerder die regte ding doen en die fondse aan lande skenk wat wel sukkel. Dis laag om te wys hoe jy jou lewe geniet terwyl daar honderde duisende mense is wat nou agv die virus werkloos is ens… nice.

Belinda ·

Mense vrek van ellende en hy rits rond in ruimte… nice.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.