Brasilië-sokkerspan sterf: Oorsaak van vliegongeluk dalk bekend

Die laaste foto voor die Chapecoense-sokkerspan van Brasilië die noodlottige vlug onderneem het

Die laaste foto voor die Chapecoense-sokkerspan van Brasilië die noodlottige vlug onderneem het

ʼn Opname van ʼn gesprek tussen die vlieënier en die lugverkeerbeheerders, oomblikke voor die vliegtuig Maandagaand in Colombia neergestort het waarin lede van ʼn Brasiliaanse sokkerspan gereis het, het uitgelek.

Die vlieënier van die gehuurde vliegtuig het aan lugverkeerbeerders gesê hy het nie meer brandstof nie en het desperaat gepleit vir toestemming om te land voor hy in ʼn berg vasgevlieg het.

ʼn Vroulike lugverkeerbeheerder het aan die angstige vlieënier verduidelik nóg ʼn vliegtuig met meganiese probleme is reeds herlei en nader die landingstrook en het prioriteit. Hulle het die vlieënier van die gehuurde vliegtuig opdrag gegee om sewe minute te wag.

Terwyl die vliegtuig in die houpatroon was, het die vlieënier egter al hoe meer desperaat geword. “Algehele elektroniese probleme, sonder brandstof,” het hy gesê in die finale oomblikke voor die vliegtuig Maandagaand vier minute lank in ʼn spiraalvormige patroon gedraai en uiteindelik in ʼn berg vasgevlieg het.

Die lugverkeerbeheerder het in daardie stadium die erns van die situasie besef en het aan die ander vliegtuig gesê om sy landing uit te stel om plek te maak vir die gehuurde vliegtuig. Dit was egter te laat. Die vlieënier het net voor dit stil geword het, gesê hy vlieg teen ʼn hoogte van 9 000 voet met ʼn finale versoek om te land.

Die media in Colombia het die opname bekom en dit bevestig die verklarings deur ʼn vlugkelner wat die ongeluk oorleef het en ʼn vlieënier wat naby gevlieg en die gesprek gehoor het.

Dit, tesame met die gebrek aan ʼn ontploffing tydens impak, dui op ʼn seldsame geval waar ʼn vliegtuig nie meer brandstof het nie, as ʼn oorsaak van die vliegtuigongeluk. Volgens kenners het die vliegtuig sy maksimumafstand afgelê.

Owerhede vermy egter om in hierdie stadium enige enkele oorsaak vir die ongeluk aan te gee.

Slegs ses van die 77 persone aan boord het oorleef. Spelers van die Chapecoense-sokkerklub was aan boord die vliegtuig. Die span sou Woensdag teen Atletico Nacional in Medellin gespeel het, die uiteinde van ʼn baie goeie seisoen wat die sokkermal Brasilië gaande gehad het.

ʼn Volle ondersoek sal na verwagting maande lank duur en alles van die 17 jaar oue vliegtuig en sy instandhoudingsgeskiedenis sal ondersoek word.

Die ses oorlewendes sterk aan in hospitale. Drie is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand.

Daar was geen teken van brandstof by die ongelukstoneel nie en die vliegtuig het nie met impak ontplof nie – een van die redes waarom ses persone oorleef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Tollies ·

Dit is n groot ramp en verlies vir n land en die naas bestaandes ek kan net Bid dat die Almagtige Vader julle vertroos en met julle sal wees en vertroos in die pad wat voorle en aan die ondersoek span krag sal gee en dat daar aan die beseerders spoedige volkome herstel sal wees dit moes ook n groot skok vir hulle gewees het om te besef die meerderheid le om hulle beweging loos wat n mens jare by bly , Mag julle ook dit verwerk . Sterkte

Azuni ·

Die lugverkeerbeheerder was in my opinie baie onverskillig. Hoekom kon hulle plek maak toe dit regtig angstig begin raak het? Ek glo sy moet volle verantwoordlikheid vat vir haar aksies. Dis strafbare manslag! As daar ‘n nood is, kan jy nie vir iemand sê hulle moet wag nie.

Regtig pateties. Nou wil hulle kyk of die vliegtuig niks mekeer het nie. Hulle kan mos duidelik sien die vliegtuig het nie brandstof in gehad nie.

Regtige onnodige verlies van lewens a.g.v stupid foute.

Vleisman ·

Azuni, ek is in die bedryf en dit is maklik om te sê dit is haar skuld. Maar daardie vlieënier het talle instrumente wat vir hom sou aandui die vliegtuig se brandstof is min. Soos die berig lees, was daar reeds ‘n ander vliegtuig op pad na die lughawe wat ook meganiese probleme ondervind het. En tien teen een het die lughawe net een aanloopbaan, dus het hierdie spesifieke lughawe ‘n heelwat ongewone situasie beleef deur twee noodvlugte terselfde tyd te moet hanteer. Hopenlik vir die naasbestaandes sal die werklike rede gou genoeg navore kom.

Azuni ·

Sou dalk seker gehelp het as hulle kon iewers geland het. Nou dat jy dit so stel, verstaan ek bietjie beter. Nogsteeds jammer dat dit moes lewens gekos het. Hoop mense kan uit dit leer om enige toekomende gebeure soos dié te verhoed. Ons sal ook seker uit vind wat 100% gebeur het na die ondersoek.

Jean ·

Hoe op AARDE styg jy op sonder genoeg brandstof vir ‘n (beplande) vlug? Gehuurde vliegtuig of te not? Dit is absoluut skokkend, die vlieenier moes tog self seker ook gesien het daar is nie genoeg brandstof in nie? Ek was heeltyd nog van mening dat ‘n hele sokkerspan/rugbyspan nie op een vlug mag gewees het nie. Baie jare gelede (1972) het daar ook omtrent ‘n hele span rugbyspelers gesterf tydens ‘n vliegtuigongeluk in die Andes! By ‘n vliegtuig is daar NIE plek vir foute nie, nie eers die kleinste foutjie nie, dit lei gewoonlik tot lewensverlies wat onnodig is. My innige simpatie met die naasbestaandes van diegene wat in die ongeluk omgekom het. Rus in Vrede.

Azuni ·

So vêr as wat ek kon af lei van die artikel, het die vliegtuig sy limiet beruik van die distansie wat hy kon af lê. Hy moes seker die tank vol gemaak het (ek verhoed so), maar die vlieg tuig kon nie so vêr vlieg nie. Wonder of daar enige lughawens was tussen van waar hulle op gestyg het, tot in met hulle bestemming.

Cherokee ·

Jean, somtyds praat jy sin maar hierdie keer! Lees weer! Die vliegtuig het sy maksimum reikafstand bereik.

Hanelie ·

Vliegtuie is verplig om genoeg brandstof te hê van vertrek tot distination, PLUS genoeg om te kan uitwyk na voorafbepaalde uitwyk (op vlugplan aangedui) PLUS genoeg vir ‘n half uur in die hou patroon ingeval dit sou gebeur. Dink die vliënier het nie sy sommetjies reg bereken. Dis bepaal deur ICAO, The International civil aviation wat oor alles besluit, in Montral. Ek het 10 jaar in Air traffic control gewerk.

Pilot ·

Die vliegtuig het sy maksimum afstand afgelê, so, alle aanduidings is dat die vlietuig te tenks wel vol was tydens opstyging. Daar is ander faktore wat die brandstof verbruik kon beinvloed, soos bv wind. Simpatie aan die naasbestaandes.

Hanelie ·

Ek stem saam. Sy tenks was vol, maar alle vlugte moet aan vereistes voldoen. Hulle moes dan iewers geland en refuel het (ek weet nie of hulle oor water of land gevlieg het) of indien hulle nie iewers kon refuel moes hulle ander vliegtuig tipe gehuur het wat langer afstande op ‘n tenk kan doen. Hierdie vliënier het cowboy gespeel met mense se lewens.

liza ·

Ai my hart gaan uit na elkeen se families, dis verskriklik en ek hoop hulle sal berusting kry, dit was onnodig gewees, hoop hulle neem stappe, kannie glo mens kry mense wat nie vir hulle self kan dink nie. Rus in vrede elkeen van julle……

Maria Van Dieweeck ·

Kon daar lekkasie wees, anders is dit n massamoord?!

Hanelie ·

Daar kon seker wees, maar hulle sou dit dan kon sien op hulle instrumente en dan onmiddelik uitwyk of vroegtydig ‘n emergency declare. Shame kan net dink die arme Air Traffic controller. 2 Vliegtuie met emergencies. Ander een het 1ste declare, maar sy kannie bepaal wie s’n is die ernstigste….en dit tussen al die ander normale traffic wat sy moes beheer. Glo my dis ‘n uiters stresvolle werk maar bitter lekker en interessant.

toffieproffie ·

Klink asof die lugruimbeheerder effens onverskillig was. Eers was daar nie geleenthheid om te land nie, en toe later was daar, maar te laat. Klink asof hulle nie die ernstigheid van die situasie besef het nie. Die brandstof situasie kon deur ‘n klomp dinge veroorsaak word, bv. pilootfout (verskeie), foutiewe brandstoftoerusting, toevoerfout tydens die vlug.

Jammer oor die lewensverlies. Ai.

EE ·

Daar was n program oor n lugredery in die UK wat minimum brandstof vlieg v koste besparing en al 3 was byna uit brandstof. Al 3 het noodroep gegee as ek reg onthou. Die een ou het gese dis net tyd en dan sal meer vlugte val weens min brandstof en almal maak gelyk n nood oproep.

Cherokee ·

Terwyl ons hierdie berig gelees het, het my vrou uiters skerp gesê. Sy het gesê die vlieënier moes enjins afgeskakel het voordat die een vlerk se enjin afgeskakel het en die vliegtuig in ‘n tolvlug gegaan het. Dan was daar steeds die moontlikheid, nèè die realiteit van ‘n sagter landing (al was dit waar in die boendoes). Hy moes egter beplan het vir die lang vlug en genoeg brandstof oorgehad het na landing by bestemming. Dankie dat jy dit uitgewys het, Hanelie.

Miskien moet ek verduidelik, ek is ‘n vlieënier en my vrou het dekades se ervaring van oorneem by my in die lug. Ons ervaring sluit nie vliegtuie van die betrokke grootte in nie want ons het gewoonlik ‘n vier-sitplek besit en gevlieg. Daar is teoreties gesproke egter nie verskil nie want enige vliegtuig is gemaak om noodlanding te kan doen.

Wat my vrou uitgewys het is dat die een vlerk opgehou vlieg het want die brandstof was klaar en dit het die betrokke vliegtuig in ‘n tolvlug (of in vlieëniers-taal ‘n spin) beland wat ‘n harde landing teweeg gebring het. (opvolg)

Cherokee ·

in opvolg …. Ek het Hanelie se bydraes geniet. Sy is ervare. Sy het uitgewys dat die vlieënier ‘n persentasie brandstof moes oorhê na landing, so verwyte kan geslinger word tussen verkeersbeheer en vliegtuigbeheer.

Ek wou graag my sê sê in een sê maar moes sny aan my sê weens Maroela se suinigheid met ruimte so ek weet nie waar ek gesny het en vergewe my as ek iets herhaal.

Ek het in die jare terwyl Lanserië baie jonk was ‘n geveg gehad met ‘n vroulike verkeersbeampte. Op ‘n stadium het sy ‘n groen vuurpyl afgevuur (of is dit op gevuur?) om landingsregte te gee en ek het haar in die toring gaan kuier om te verduidelik hoe swak dien sy lewer. Ons probleem was haar heavy Cockney aksent en ek het gedreig om volgende keer Afrikaans te praat tydens lug-kommunikasie want sy moet/s tweetalig wees en dit sou haar haar pos gekos het. Sy het met ‘n glimlag die geveg gewonne gegee.

Cherokee ·

Terloops, aan die wat gewonder het, nou weet julle waar die naam ‘Cherokee’ vandaan is.
Cherokee beteken vir my nie Toyota nie maar Piper.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.